Boomaalwyn
(Aangestuur vanaf Aloidendron barberae)
Die boomaalwyn (Aloidendron barberae) - voorheen Aloe barberae en Aloe bainesii [1][2] - is 'n boom wat vanaf die Oos-Kaap, deur KwaZulu-Natal tot in Mpumalanga voorkom. Dit kom ook voor in Eswatini en Mosambiek. Hierdie spesie is die grootste en hoogste aalwyn en word tot 18 m hoog. Dit groei in gebiede wat hoë jaarlikse reënval geniet in digte bosse of beboste klowe en op ruwe berghellings. Die blomme word regop in are gedra en hulle is roospienk tot oranje met groen punte.
Boomaalwyn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Asphodelaceae |
Subfamilie: | Asphodeloideae |
Genus: | Aloidendron |
Spesie: | A. barbarae
|
Binomiale naam | |
Aloidendron barbarae | |
Verspreidingskaart van Aloidendron barberae (khaki) in Suider-Afrika | |
Sinonieme | |
|
In die Krugerwildtuin is hulle beperk tot twee rivierklowe net noord van die Krokodilrivier in die Malelane-omgewing.[3] Die boom se FSA-nommer is 28.[4]
In Engels staan die plant bekend as tree aloe.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "PlantzAfrica (SANBI): Aloidendron barberae (Dyer) Klopper & Gideon F.Sm" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2019. Besoek op 20 Julie 2019.
- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77125489-1
- ↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 22. ISBN 978-1-77007-759-1.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Susan Carter, John J. Lavranos, Leonard E. Newton, Colin C. Walker: . Kew Publishing, Royal Botanic Gardens, Kew 2011, ISBN 978-1-84246-439-7, S. 695.
- Leonard Eric Newton: . In: Urs Eggli (Hrsg.): . Eugen Ulmer, Stuttgart 2001, ISBN 3-8001-3662-7, S. 113–114.
- Moran, R. 1992. Aloe wild in California. Cact. Succ. J. (Los Angeles) 64: 55-56.
- Reynolds, G. W. 1982. The Aloes of South Africa, ed. 4. Rotterdam.
- Urs Eggli (Hrsg.): Sukkulenten-Lexikon. Einkeimblättrige Pflanzen (Monocotyledonen). Eugen Ulmer, Stuttgart 2001, ISBN 3-8001-3662-7, S. 104–193.
- Walter C. Holmes & Heather L. White: Aloaceae in der Flora of Northern America, Volume 26, S. 410: Aloe - Online.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Boomaalwyn.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Boomaalwyn