Andreas Kaplan

Rektor

Andreas Kaplan (gebore 5 Oktober 1977) is rektor by ESCP Business School in Berlyn.[1] Voorheen het hy opgetree as die skool se Dekaan vir Akademiese Sake en voor dit was hy die Direkteur van Handelsmerk en Kommunikasie, beide as deel van ESCP se uitvoerende komitee. Kaplan is Professor van Bemarking en het gespesialiseer op die gebiede van sosiale media, virale bemarking en die digitale wêreld in die algemeen.[2]

Andreas Kaplan
Andreas Kaplan, 2019
Andreas Kaplan, 2019

Kaplan is gebore op 5 Oktober 1977 en het grootgeword in München, Duitsland. Sy moeder is Anneliese Kaplan (kleremaakster) en sy vader Vincenc Kaplan (slotmaker). Professor Kaplan het 'n meestersgraad in Publieke Administrasie van die École Nationale d'Administration (ENA), 'n MSc van ESCP en 'n BSc van die Ludwig Maximilian Universiteit in Munich. Hy het sy Habilitasie voltooi by die Sorbonne en sy Ph.D. by die Universiteit van Cologne in samewerking met HEC Paris. Kaplan was besoekende Ph.D. by INSEAD en het deelgeneem aan die Internasionale Onderswysersprogram by die Kellogg School of Management, Noordwes-Universiteit.[3] Voordat hy aangesluit het by ESCP, het Kaplan sy loopbaan begin as bemarkingsprofessor by die ESSEC Business School and Sciences Po Paris. By uitstek geïnteresseerd in die toekoms van bestuursopleiding in Europa en die algemene besigheidskool landskap, het Kaplan verder artikels geskryf wat die Europese bestuur sowel as hoër onderwys en hul toekomstige evolusie behandel, vernaamlik met die digitalisering van die sektor weens die koms van Gratis Oop Aanlynkursusse (MOOCs) en Kort Privaat Aanlynkursusse (SPOCs). Deur Europa te definieer dat dit “maksimum kulturele diversiteit hou op minimale geografiese afstande“, is Kaplan 'n sterk voorstander van kruiskulturele bestuursopvoeding.[4]

wysig

Kaplan se navorsing handel hoofsaaklik oor die analise en dekodering van die digitale sfeer. Met meer as 30 000 aanhalings op Google Scholar, is Professor Kaplan getel onder die Top 50 Besigheids- en Bestuursouteurs in die wêreld volgens John Wiley & Sons.[5] Kaplan het die jaarlikse Beste Artikel-toekenning ontvang van Business Horizons, geborg deur Elsevier, vir sy 2012 artikel "As jy iets liefhet, laat dit beweeg: Mobiele bemarking en mobiele sosiale media 4x4 (If you love something, let it go mobile: Mobile marketing and mobile social media 4x4)".[6] Vernaamlik sy 2010 artikel "Gebruikers van die wêreld, verenig! Die uitdagings en geleenthede van sosiale media (Users of the world, unite! The challenges and opportunities of social media)", gepubliseer in Business Horizons, word wyd aangehaal (meer as 20 000 keer op Google Scholar, meer as 5000 keer in Scopus en meer as 500 keer in Business Source Premier) en bekend in die veld. Hierdie kreatiewe artikel "Gebruikers van die Wêreld, Verenig! (Users of the World, Unite!)" het herhaaldelik die eerste plek behaal in Science Direct se jaarlikse lys van die 25 publikasies wat die meeste afgelaai is regoor al 24 kernvakke wat in Science Direct gedek word, dit wissel van Bestuur tot Ingenieurswese, Sielkunde, of Neurowetenskap en is dus meer dikwels afgelaai as enige ander van die ongeveer 13.4 miljoen dokumente in die versameling.[5] Meer onlangse navorsing handel oor die invloed van die digitale sfeer op hoër onderwys, soos die koms van Gratis Oop Aanlynkursusse (MOOCs) en Kort Privaat Aanlynkursusse (SPOCs), asook die toekoms van hoër onderwys oor die algemeen en vernaamlik besigheidskole.

Bibliografie

wysig
  • Kaplan Andreas, Haenlein Michael (2019), “Siri, Siri in my Hand, who's the Fairest in the Land? On the Interpretations, Illustrations and Implications of Artificial Intelligence,” Business Horizons, 62 (1), 15 - 25
  • Kaplan Andreas (2018) “A School is a Building that Has 4 Walls - with Tomorrow Inside”: Toward the Reinvention of the Business School, Business Horizons.
  • Kaplan Andreas M., Haenlein Michael (2016) Higher education and the digital revolution: About MOOCs, SPOCs, social media, and the Cookie Monster, Business Horizons, Volume 59.
  • Pucciarelli F., Kaplan Andreas M. (2016) Competition and Strategy in Higher Education: Managing Complexity and Uncertainty, Business Horizons, Volume 59(3).
  • Kaplan Andreas (2015) European business and management (Vol. I) – Cultural specificities and cross-cultural commonalities, Sage Publications Ltd., London
  • Kaplan Andreas (2015) European business and management (Vol. II) – Business ethics and corporate social responsibility, Sage Publications Ltd., London
  • Kaplan Andreas (2015) European business and management (Vol. III) – Contextual diversity and interdisciplinary aspects, Sage Publications Ltd., London
  • Kaplan Andreas(2015) European business and management (Vol. IV) – Business education and scholarly research, Sage Publications Ltd., London
  • Kaplan Andreas M. (2014) European Management and European Business Schools: Insights from the History of Business Schools, European Management Journal, 32(4), 529-534.
  • Kaplan Andreas M.(2012) Social Media wird mobil: Grundlagen, Gebrauch und Gestaltung mobiler sozialer Medien, Marketing Review St. Gallen, 4, 16-20.
  • Kaplan Andreas M. (2012) If you love something, let it go mobile: Mobile marketing and mobile social media 4x4, Business Horizons, 55(2), 129-139
  • Kaplan Andreas M., Haenlein Michael (2012) The Britney Spears universe: Social media and viral marketing at its best, Business Horizons, 55(1), 27-31
  • Kaplan Andreas (2011) Social media between the real and the virtual: How Facebook, YouTube & Co. can become an extension of the real life of their users – and sometimes even more, Prospective Strategique, 38 (Mars), 8-13
  • Kaplan A.M., Haenlein M. (2011) The early bird catches the news: Nine things you should know about micro-blogging, Business Horizons, 54(2), 105-113
  • Kaplan A.M., Haenlein M. (2011) Two hearts in 3/4 time: How to waltz the Social Media – Viral Marketing dance, Business Horizons, 54(3), 253-263
  • Kaplan Andreas M., Haenlein Michael (2010) Users of the world, unite! The challenges and opportunities of social media, Business Horizons, 53(1), 59-68

Verwysings

wysig
  1. "ESCP Business School Berlyn" (in Engels).
  2. "Andreas M. Kaplan" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2020. Besoek op 1 Desember 2020.
  3. "Marquis Who's Who in the World". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2014. Besoek op 10 Augustus 2017.{{cite web}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
  4. Andreas Kaplan: European management and European business schools: Insights from the history of business schools. In: European Management Journal. 32, 2014, S. 529, doi:10.1016/j.emj.2014.03.006.
  5. 5,0 5,1 ""Users of the world, unite!" most downloaded paper of approximately 13.4 million articles – Top 50 Business & Management Authors in the World Kaplan and Haenlein again Ranked First in Science Direct Hottest Article List" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2018. Besoek op 10 Augustus 2017.
  6. "Mobile Social Media: Professor Andreas Kaplan receives Best Article Award 2012 from Business Horizons" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2018.