HEC Paris
HEC Paris (École des hautes études commerciales de Paris) is 'n Europese Bestuurskool met verskeie kampusse in Parys, Jouy-en-Josas en Doha[1]. Die instelling is in 1881 gestig.[2]
HEC Paris | |
---|---|
HEC Paris | |
Latyn: Paris School of Provectus Studiorum Negotiatorum | |
Leuse in Afrikaans: | Hoe meer jy weet, hoe meer waag jy |
Leuse in Engels: | The more you know, the more you dare |
Gestig: | 1881 |
Tipe: | Private universiteit |
President: | Jean-Paul Agon |
Studentetal: | 4500 |
Ligging: | Jouy-en-Josas, Doha
48°45′26.406″N 2°10′8.476″E / 48.75733500°N 2.16902111°O |
Affiliasies: | AACSB, AMBA, CGE, EQUIS |
Webtuiste: | hec.edu |
HEC is in 2023 eerste onder Europese Besigheidskole geplaas, volgens die ranglys wat deur die Financial Times opgestel is.[3] Die Executive MBA-program word as 4de beste in die wêreld gereken.[4] HEC Paris word dikwels geassosieer met selektiwiteit, maar ook met elitisme en tegnokrasie, wat sedert sy stigting 'n bron van kritiek was.
Die instelling se programme word internasionaal drievoudig geakkrediteer deur AMBA, EQUIS en AACSB.[5]
Die skool bied verskeie kursusse aan, insluitend 'n Uitvoerende Meesters Innovasie en Entrepreneurskap in vennootskap met Coursera.[6] 100% aanlyn, dit beoog om senior bestuurders wat in hierdie twee gebiede spesialiseer binne 18 maande op te lei.[7] Dit is in Maart 2017 geopen.[8]
Die skool het sy eie stigting.[9]
Bekende gegradueerdes
wysig- François Asselineau, Franse politikus
- François Hollande, Voormalige president van die Franse Republiek
- Andreas Kaplan, rektor by ESCP Business School in Berlyn.
Verwysings
wysig- ↑ HEC Paris fête ses 10 ans au Qatar et inaugure ses nouveaux locaux dans la ville nouvelle de Msheireb Downtown à Doha
- ↑ HEC Paris : de l’audace au service de l’excellence depuis 1881
- ↑ European Business School Rankings 2022
- ↑ EMBA 2023
- ↑ Triple accredited business schools (AACSB, AMBA, EQUIS)
- ↑ Executive MSc & MSc in Innovation and Entrepreneurship
- ↑ Exclusif. HEC se lance dans un diplôme... 100 % en ligne
- ↑ HEC lance un programme diplômant 100 % en ligne
- ↑ Chaire « The Future of Money » : Worldline, HEC Paris et la Fondation HEC s’associent pour explorer l’avenir des paiements
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met École des hautes études commerciales de Paris. |