Maak hoofkeuseskerm oop

Die swartwindswael (Apus barbatus) is 'n algemene standvoël en gedeeltelike trekvoël. Die voël is 18 cm lank en 35 - 50 g groot. Die voël broei in klein kolonies en soms saam met die Witpenswindswaels. In Engels staan die voël bekend as die African Black Swift.

Swartwindswael
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)[1]

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Apodiformes
Familie: Apodidae
Genus: Apus
Spesie: A. barbatus
Binomiale naam
Apus barbatus
(Sclater, 1866)

Inhoud

VoorkomsWysig

Die voël is groot en robuust en swartbruin van kleur. Dit het ook 'n kleiner ligter keelvlek terwyl die pens dikwels as geskub voorkom. Die rug is donkerder as die byslagvere. Die swartwindswael is effens groter en lywiger as die Europese windswael.

 
'n Swartwindswael in vlug.

Sien ookWysig

BronWysig

VerwysingsWysig

  1. BirdLife International (2012). "Apus barbatus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.