Arlene Foster
Arlene Isabel Foster (née Kelly; * 17 Julie 1970 in Enniskillen, graafskap Fermanagh, Noord-Ierland) is 'n Noord-Ierse politikus wat sedert Desember 2015 die amp van partyleier van die Demokratiese Unionisteparty (DUP) beklee. Sedert 2003 verteenwoordig sy die kiesafdeling Fermanagh and South Tyrone in Noord-Ierland se Wetgewende Vergadering.
Arlene Foster | |
Eerste minister van Noord-Ierland
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 11 Januarie 2020 | |
Vise | MIchelle O'Neill (Sinn Féin) |
---|---|
Monarg | Elizabeth II |
Eerste minister van Noord-Ierland
| |
Ampstermyn 11 Januarie 2016 – 9 Januarie 2017 | |
Voorafgegaan deur | Peter Robinson |
Opgevolg deur | Haarself |
Leier van die Demokratiese Unionisteparty
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 17 Desember 2015 | |
Voorafgegaan deur | Peter Robinson |
Minister vir Finansies en Personeel
| |
Ampstermyn 11 Mei 2015 – 12 Januarie 2016 | |
Voorafgegaan deur | Simon Hamilton |
Opgevolg deur | Mervyn Storey |
Minister vir Ondernemings, Handel en Beleggings
| |
Ampstermyn 9 Junie 2008 – 11 Mei 2015 | |
Voorafgegaan deur | Nigel Dodds |
Opgevolg deur | Jonathan Bell |
Minister van Omgewingsake
| |
Ampstermyn 8 Mei 2007 – 9 Junie 2008 | |
Voorafgegaan deur | Dermot Nesbitt |
Opgevolg deur | Sammy Wilson |
Lid van die Wetgewende Vergadering vir Fermanagh and South Tyrone
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 26 November 2003 | |
Voorafgegaan deur | Joan Carson |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 17 Julie 1970 Enniskillen, graafskap Fermanagh, Noord-Ierland, Verenigde Koninkryk |
Politieke party | Demokratiese Unionisteparty (DUP) |
Eggenoot/-note | Brian Foster |
Kind(ers) | Sarah (2000) George (2002) Ben (2007) |
Alma mater | Queen's University Belfast |
Toekennings | Minister of the Year - BBC The View Awards 2016 |
Foster het tydens haar loopbaan ministersampe in die Noord-Ierse regering (Northern Ireland Executive) beklee - as Minister van Omgewingsake (2007 tot 2008), Minister vir Ondernemings, Handel en Beleggings (2008 tot 2015) en Minister vir Finansies en Personeel (2015 tot 2016). In Januarie 2016 is Foster as Eerste Minister van Noord-Ierland ingesweer, 'n amp waarin sy haar uitvoerende gesag met Martin McGuinness gedeel het. Sy was die eerste vroulike Noord-Ierse premier.
Nadat die DUP en Sinn Féin drie jaar lank nie konsensus kon bereik oor die vorming van 'n nuwe Noord-Ierse regering nie, is onderhandelinge hervat en Arlene Foster op 11 Januarie 2020 herverkies as eerste minister.
Arlene Foster woon tans met haar eggenoot Brian en hul drie kinders in Colebrooke, graafskap Fermanagh.