Die riviergras[1] (Arundinella nepalensis Trin.) is 'n grasspesie wat inheems aan Suid-Afrika is. Dit kom in die provinsies Noord-Wes, Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap en Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[2] Dit het 'n groot voorkomsgebied wat in Afrika noordelik tot Kenia reik en westelik tot Senegal. Verder kom dit in Indië, Nepal, die suide van China en in Australië voor.

Riviergras
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Arundinella
Spesie:
Arundinella nepalensis

Trin.

Dit is 'n immergroen plant wat regop groei en 0,9 – 2 m of selfs tot 3 m hoog word. Dit het 'n kort geskubde wortelstok. Die halme word soms geoes om vir grasdakke gebruik te word.[3]

Fotogalery

wysig

Verwysings

wysig
  1. ook: beesgras
  2. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020.
  3. Useful tropical plants.