Ashley Johnson
Suid-Afrikaanse rugbyspeler
- Hierdie artikel handel oor die rugbyspeler. Vir die Amerikaanse aktrise, sien Ashley Johnson (aktrise).
Ashley Johnson (gebore in Wynberg, 16 Mei 1986) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Cheetahs as ’n losvoorspeler speel in die Curriebeker en die Superrugbyreeks. Hy het vir Suid-Afrika in die IRR Onder 21 Wêreldkampioenskap gespeel. In 2008 het hy vir die Opkomende Bokke gespeel in die Nasiesbeker en in 2009 is hy ingesluit in die Springbokgroep wat oorsee getoer het. Hy het sy eerste wedstryd in die Springboktrui in 2009 gespeel maar het eers in 2011 sy eerste toets gespeel, tydens die Drienasiesreeks.
| |||||
Ashley Johnson in 2014 | |||||
Volle naam | Ashley Francois Johnson | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 16 Mei 1986 | ||||
Geboorteplek | Wynberg, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,85 m | ||||
Massa | 105 kg | ||||
Skool | Paarl Gimnasium | ||||
Universiteit | Universiteit van die Vrystaat | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Flank, Agsteman | ||||
Springbokno. | 810 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Shimlas Ixias |
|||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2012-2013 | Wasps | 25 | 15 | ||
korrek soos op 21 Mei 2013. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2007-2012 | Vrystaat Cheetahs | 63 | (95) | ||
korrek soos op 21 Mei 2013. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2010-2012 | Cheetahs | 35 | 30 | ||
korrek soos op 21 Mei 2013. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2011 | Suid-Afrika | 3 | 0 |
Johnson was ook kaptein van Peter de Villiers se Southern Spears wat nooit in die Superrugbykompetisie deelgeneem het nie.[1] Dié span het uiteindelik die Southern Kings geword.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Southern Spears-span". thespears.co.za. 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 10 Februarie 2012. Besoek op 17 April 2012.
Eksterne skakels
wysig- Ashley Johnson by SARugby.co.za
- Ashley Johnson by itsrugby.co.uk