Voëlnesvaring
Die voëlnesvaring (Asplenium nidus) is ’n spesie varings in die familie Aspleniaceae en is inheems aan die tropiese Suidoos-Asië, Oos-Australië, Hawaii, Polinesië, Indië en Oos-Afrika.[3]
Voëlnesvaring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. nidus
|
Binomiale naam | |
Asplenium nidus | |
Sinonieme | |
Sinoniemebron: Tropicos[2] |
Met ’n minimum temperatuur van 10 ºC gedy die varing in die gematigde temperature van die streke hierbo of as ’n huisplant.[4]
Eienskappe
wysigDie varing vorm groot, eenvoudige blare wat byna soos piesangblare lyk. Hulle is tussen 50 en 150 cm lank en tussen 10 en 20 cm breed. Hulle is liggroen met ’n leeragtige tekstuur, dikwels gekreukel, met ’n verhewe bruin hoofaar wat veral aan die agter- en onderkant van die blare prominent is. Spore ontwikkel in die sporehopies aan die onderkant van die blare. Dié sporehopies vorm lang rye wat van die hoofaar af uitstrek agter op die buitenste deel van die blaar. Die blare rol terug namate hulle bruin word en skep ’n groot blaarnes.
Habitat
wysigDie voëlnesvaring kan óf ’n lugplant wees wat op boomtakke en -stompe groei óf in die grond geplant word, maar groei gewoonlik op organiese materiaal. Dit hou van warm, vogtige gebiede in gedeeltelike tot volle skadu.
Probleme
wysigDopluise kan voorkom. Dowwe, swart of verrimpelde blare kan veroorsaak word deur die verkeerde temperatuur, te veel sonlig, te min water of swak ventilasie.[5]
Verwysings
wysig- ↑ Asplenium nidus is die eerste keer beskryf en gepubliseer in Species Plantarum 2: 1079. 1753. "Name - !Asplenium nidus L." Tropicos (in Portugees). Saint Louis, Missouri: Missouri Botaniese Tuin. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2019. Besoek op 3 November 2011.
- ↑ "Name - !Asplenium nidus L. synonyms". Tropicos (in Portugees). Saint Louis, Missouri: Missouri Botaniese Tuin. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2020. Besoek op 3 November 2011.
- ↑ Germplasm Resources Information Network (14 April 1995). "Asplenium nidus information from NPGS/GRIN". Taxonomy for Plants. National Germplasm Resources Laboratory, Beltsville, Maryland: USDA, ARS, National Genetic Resources Program. Besoek op 3 November 2011.
- ↑ RHS A-Z encyclopedia of garden plants. United Kingdom: Dorling Kindersley. 2008. p. 1136. ISBN 1-4053-3296-4.
- ↑ Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Voëlnesvaring.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Voëlnesvaring
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia