Astridia vanheerdei
Plantspesie
Astridia vanheerdei is 'n sukkulent wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Richtersveld in die Noord-Kaap naby Kuboes voor. Daar is slegs een populasie in 'n voorkomsgebied van 12 km². Die spesie word bedreig deur mynbou aktiwiteite en die populasie het met 60% afgeneem sedert 1985. KEW Plants of the World lys die spesie as Uitgestorwe.
Astridia vanheerdei | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Astridia |
Spesie: | A. vanheerdei
|
Binomiale naam | |
Astridia vanheerdei L.Bolus, (1962)
|