Babiana pygmaea
plantspesie
Die geelbobbejaantjie (Babiana pygmaea) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Babiana behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Hopefield tot by Mamre voor waar dit deel van die fynbos en renosterveld is. Die spesie het 'n voorkomsgebied van kleiner as 320 km² en het 80% van sy habitat aan gewasverbouing afgestaan. Daar is vier gefragmenteerde subpopulasies by Darling oor. Die oorblywende subpopulasies word bedreig deur indringerplante en oorbeweiding.
Geelbobbejaantjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | B. pygmaea
|
Binomiale naam | |
Babiana pygmaea (Burm.f.) Baker, (1877)
| |
Sinonieme | |
|