Bengaals
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Bengale (volk).
Bengaals of Bengali (বাংলা, Bangla, [ˈbaŋla], Indo-Ariese taal wat deur sowat 250 miljoen mense in Bangladesj, Indië en Nepal gepraat word. Bengaals is die amptelike taal van Bangladesj, een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi en van die Indiese deelstate Tripura en Wes-Bengale. Bengaals is naas Hindi die tweede belangrikste inheemse taal in Indië en wêreldwyd die sesde belangrikste taal. Bengaals is nou verwant aan Assamees en word in die Bengaalse alfabet geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie.
) is 'nBengaals, Bengali বাংলা Bangla | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈbaŋla] | |
Gepraat in: | Bangladesj Indië Nepal | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 190 miljoen (moedertaal) 19 miljoen (tweede taal in Bangladesj)[1] | |
Rang: | 6 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Oos-Indo-Aries Assamees–Bengaals Bengaals, Bengali | |
Skrifstelsel: | Bengaalse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Bangladesj Indië[2] | |
Gereguleer deur: | Bangla Academy Paschimbanga Bangla Akademi | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | bn | |
ISO 639-2: | ben | |
ISO 639-3: | ben | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Ter herdenking van Bangladesj se 5 000 soldate binne die vredesmag in Sierra Leone na die burgeroorlog het president Ahmad Tejan Kabbah Bengaals in Desember 2002 tot dié land se tweede amptelike taal naas Engels verklaar.[3][4][3]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Bengali". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2020. Besoek op 25 Augustus 2018.
- ↑ (en) "The Constitution of India" (PDF). Regering van Indië, Departement van Reg en Justisie. 1 Desember 2007 [1950]. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 September 2014.
- ↑ 3,0 3,1 (en) "Sierra Leone makes Bengali official language". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2013. Besoek op 29 Desember 2002.
- ↑ (en) Zahurul Alam (27 Desember 2002). "Bangla Made One of The Official Languages of Sierra Leone".
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bengaals.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Bengaals.
- (en) "Bengali language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Augustus 2018.