Bariumnitraat
Bariumnitraat is 'n sout van barium en salpetersuur. Die formule is Ba(NO3)2.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Bariumnitraat |
IUSTC-naam | Bariumnitraat |
Chemiese formule | Ba(NO3)2 |
Molêre massa | 261,34[g/mol][1] |
CAS-nommer | 10022-31-8[1] |
Voorkoms | kleurlose of wit vastestof[1] |
Reuk | reukloos[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=811,21pm[1] |
Ruimtegroep | Pa3[1] |
Nommer | 205 |
Strukturbericht | G2₁ |
Smeltpunt | 590 °C [1] |
Kookpunt | (ontbind)[1] |
Digtheid | 3,24 g/cm3 @23 °C [1] |
Oplosbaarheid | 103 g/L @25 °C[1] |
Ksp | 4,64 x 10-3 [2] |
Cp(s) | 151,4 [J/molK][1] |
ΔfHɵ | -988 [kJ/mol][1] |
Sɵf(s) | 214,0 [J/molK][1] |
ΔfGɵ | -792,57 [kJ/ml][1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar[1] |
LD50 | 355 [mg/kg] (rot; oraal) [1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kristalstruktuur
wysigBariumnitraat kristalliseer in die kubiese struktuur van lood(II)nitraat,[3] G21 in die strukturbericht-klassifikasie.
Chemiese eienskappe
wysigBariumnitraat kan gevorm word deur bariumkarbonaat in salpetersuur op te los:[4]
By verhitting ontbind dit tot bariumoksied:[4]
Gebruike
wysigPirotegnies
wysigDit word gebruik om bariumperoksied te maak en vir 'n groen kleur in vuurwerk.[1]
Opties
wysigBariumnitraatkristalle word gebruik as 'n medium in Ramanlasers. Hierdie mediums word met 'n ander laser gepomp en lewer dan deur gestimuleerde Ramanemissie laserlig met 'n verskuifde golflengte. Bariumnitraat is een van die belangrikste kristalle vir vaste-toestand Raman-verskuiwing in terme van die Raman-versterkingskoëffisiënt. Bariumnitraat beskik ook oor 'n matige breë deursigtigheidsgebied (0,33-1,8 μm) en 'n hoë skadedrempel. Nadele van bariumnitraatkristal is lae termiese geleidingsvermoë (1,17 W/mK) en hoë elektro-optiese koëffisiënt (dn/dT = -20 × 10-6K-1), wat lei tot 'n termiese lenseffek. Die kristal is sag en higroskopies, daarom moet dit met omsigtigheid behandel word.[5]
Verwysings
wysig- ↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 1,15 1,16 "Barium nitrate". PubChem NIH.
- ↑ "Ksp". solubility of things.
- ↑ Nowotny, H.; Heger, G. (1983). "Structure refinement of strontium nitrate, Sr(NO3)2, and barium nitrate, Ba(NO3)2". Acta Cryst. C. 39: 952–956. doi:10.1107/S0108270183006976.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 4,0 4,1 PCE Meerum Terwogt (1917). Leerboek der anorganische chemie. Noordhoff.
- ↑ "barium nitrate crystals". 4lasers.