Baviaansrivier (Oos-Kaap, lat -33,81, long 24,41)
rivier in die Oos-Kaap (lat -33,81, long 24,41)
- Hierdie Baviaansrivier vloei in die Oos-Kaap. Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Baviaansrivier (dubbelsinnig).
Die Baviaansrivier is 'n rivier wat in die Baviaanskloof in die Oos-Kaap van Suid-Afrika vloei.
Baviaansrivier | |
---|---|
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Monding | Wittekliprivier→Kougarivier |
Oorsprong-hoogte | 370 m |
Stroomgebiedopp. | Oos-Kaap |
Koördinate: 33°48′52″S 24°24′45″O / 33.81444°S 24.41250°O |
Ná sy vloei deur die wildernisarea sluit dit aan by die Wittekliprivier wat in die Kougarivier uitmond. Die Kouga sluit na die Kougadam aan by die Grootrivier (33°44′50″S 24°36′58″O / 33.74733°S 24.6161°O) om die Gamtoosrivier te word op sy laaste tog van 50 km voor dit uitmond in die Indiese Oseaan naby Humansdorp.