Bellrivier
Die Bellrivier is 'n rivier in Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit in die noordoostelike deel van die Oos-Kaap. Dit ontspring in die suidelike Drakensberge suid van Lesotho by 30°40′31″S 28°8′25″O / 30.67528°S 28.14028°O en vloei suidweswaarts, verby die dorpie Rhodes tot by die samevloei met die Sterkspruit naby Moshesh's Ford by 30°51′08″S 27°46′43″O / 30.85222°S 27.77861°O. Hiervandaan staan die rivier bekend as die Kraairivier, wat deur diep klowe weswaarts kronkel verby die dorp Barkly-Oos, totdat dit in die Oranjerivier se linkeroewer invloei by Aliwal-Noord.
Bellrivier | |
---|---|
Stroomgebied | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Oorsprong | Suidelike Drakensberge |
Monding | Kraairivier (by Moshesh's Ford) |
Oorsprong-hoogte | 2 700 m |
Monding-hoogte | 1 800 m |
Koördinate: 30°51′08″S 27°46′43″O / 30.85222°S 27.77861°O |
Hengelvis wat in die rivier en sy bolope voorkom is reënboogforel en grootbek-geelvis.
Sytak
wysig- Kloppershoekspruit; monding=30°45′12″S 28°00′45″O / 30.75338°S 28.012562°O op 1920 m; oorsprong=30°39′42″S 28°00′24″O / 30.66154°S 28.00659°O op 2700 m (teen Lesothogrens)
Sien ook
wysigEksterne skakel
wysig- Google-kaart van die Bellrivier se monding by Geonames.org (cc-by)
Verwysings
wysigHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |