Bergmahonie
plantspesie
Die bergmahonie (Entandrophragma caudatum, Engels: Mountain Mahogany) is 'n groot Suider-Afrikaanse boom wat deel uitmaak van die Mahoniefamilie en wat in KwaZulu-Natal, Eswatini, Limpopo, Mpumalanga, Botswana, Angola, die Kaprivistrook, Zimbabwe, Zambië en Malawi voorkom. In Limpopo word eksemplare selde groter as 10 m, maar in Mosambiek, hoewel yl verspreid, kan die boom tot 20 m hoog word.
Bergmahonie | |
---|---|
Hooker’s Icones Plantarum, vol. 31: t. 3023 (1915) sketse deur Matilda Smith | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. caudatum
|
Binomiale naam | |
Entandrophragma caudatum Thomas Archibald Sprague, (1910)
| |
Sinonieme | |
|
In die Krugerwildtuin is dit skaars, en groei slegs in die sandveld rondom Punda Maria en op rotskoppies in die Lebomboberge, en word tot sover suid as die Sabierivier aangetref.[1]
Die boom se FSA-nommer is 293.[1]
Fotogalery
wysig-
Onryp vrugte aan 'n bergmahonie.
-
Skets van 'n oopgebarste vrug toon die sade binne-in.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 118. ISBN 978-1-77007-759-1.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bergmahonie.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir bergmahonie.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Bergmahonie
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |