Bespreking:Deon Meyer
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Deon Meyer-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
|||
|
| Artikelriglyne
|
Daaglikse bladtrekke van Deon Meyer
'n Grafiek sou hier vertoon word, maar grafieke is tydelik afgeskakel. Besoek intussen gerus die interaktiewe grafiek by pageviews.wmcloud.org. |
Aparte artikels vir die boeke
wysigDie gebruik op Wikipedia is dat die belangrikste boeke van 'n bekende skrywer, bv Charles Dickens, hulle eie Wikipedia-bladsye kry, met naas 'n opsomming van die verhaal ook onderwerpe soos Feitelike Agtergrond, Omstredenheid, Kritiese Ontvangs, Impak op Populêre Kultuur, Radio-, Televisie- en Filmweergawes, ens. Ek pleit nie dat al hierdie afdelings nou skielik nodig raak vir al Deon se boeke nie, maar ons kan dalk reeds die uitstekende opsommings wat reeds op hierdie blad is, 'n eie lewe gee.
Vir Koors sal van daardie afdelings beslis nodig wees. Deon het 'n nuwe rigting ingeslaan; of daar nog in hierdie trant gaan wees, moet ons nog sien, maar die boek neem reeds internasionaal sy plek in onder romans deur "gewilde" skrywers wat nogtans "ernstige" vrae aan bod stel. Franskraler (kontak) 08:08, 12 September 2018 (UTC)