Bespreking:Moorreesburg tydens die Anglo-Boereoorlog
Jongste opmerking: 2 maande gelede deur Rooiratel in onderwerp Titel
Titel
wysig@Suidpunt die titel van hierdie bladsy maak dit baie moeilik om die artikel aan Wikidata te koppel. Ek het gesoek, maar dit lyk nie vir my asof daar enige Wikidata item is van die soort: "plek tydens oorlog" nie.
Meeste is eerder in die "formaat" van "Geskiedenis van Plek", en op daai bladsy is daar dan 'n afdeling vir die tydperk tydens die oorlog.
Kan ek asseblief vra dat ons die artikel skuif na "Geskiedenis van Moorreesburg", sodat ek die Wikidata item kan skep en aan die artikel koppel?
Jy kan nog steeds na die afdeling koppel b.v. : [[Geskiedenis van Moorreesburg#Anglo-Boereoorlog|Moorreesburg tydens die Anglo-Boereoorlog]] - Rooiratel (kontak) 10:29, 19 Augustus 2024 (UTC)
- Sien byvoorbeeld en:History_of_London#In_World_War_II - Rooiratel (kontak) 10:31, 19 Augustus 2024 (UTC)
- Lol, nou ontdek ek vir d:Q48698720. Ek dink nog steeds 'n "Geskiedenis van Plek" is die beter manier. Maar as jy nie saamstem nie, dan sal ek maar die wikidata item maak soos hierdie een vir Londen. - Rooiratel (kontak) 10:33, 19 Augustus 2024 (UTC)
- Hallo, Rooiratel. Dankie vir die harde werk.
- Kyk, die ideaal sou gewees het as ek alles in één artikel kon stop, naamlik Moorreesburg self.
- Ek sit juis nou met 'n probleem met Latynonderrig (in Suid-Afrika), want ek het 'n verhandeling en proefskrif ontdek wat daardie afdeling enorm gaan maak. Daar is geen ander keuse as om weg te breek en 'n nuwe artikel te begin nie. Ek wil dit nie doen nie, maar ek moet.
- Die probleem wat ek weer het is juis dat mens verskillende kompartementjies kry. En elkeen het hul eie konteks (van voor af) nodig. Met die Anglo-Boereoorlog moet jy 'n effense aanloop skep. En dan nog die nabetragting ook. Dit sal moeilik pas in dieselfde artikel by die kultuur van die Khoisan wat daar ontdek sou word.
- Sodra daardie boek oor die Jode eendag aankom, is dit klein genoeg dat ek dit onder Moorreesburg kan byvoeg. Want dit beslaan net 5 bladsye. En so ook Moorreesburg se argitektuur wat net in 'n kolom van Frans Hansen en Mary Cook se 2004-boek behandel word. Dit kan nog gaan.
- Maar nou - een ou wil uitvind van die spoorgeskiedenis van Moorreesburg; dit is my volgende stuk waaraan ek wil werk. Want die Britse Goewerment het van alles boek gehou. Ek glo egter dit is klein genoeg om dit onder Moorreesburg in te pas. Maar weer - gestel die tydskrifte van die 1970's kom eendag by... dan word daardie afdeling net groter en groter en groter. En dit skep ook 'n wanbalans in Moorreesburg self. Eintlik is die biblioteekgeskiedenis klaar hopeloos te groot.
- Die volgende ou sal van die Tiger Oats-gebou wil weet. Dit is ook te groot.
- En dit nog voor ons by die eintlike artikel wil uitkom: die kerke.
- Ek verstaan heeltemal dat al hierdie klein goedjies 'n invloed op mekaar kon gehad het. Sonder twyfel. En dit is jammer dat 'n plaaskind wat skaars 'n selfoonsein kan opvang elke keer moet teruggaan na die hoofartikel (Moorreesburg) om 'n vertakking te soek. Dit is nie ideaal nie. Maar ek kan geen uitweg sien nie. Suidpunt (kontak) 10:55, 19 Augustus 2024 (UTC)
- Ja nee, ek verstaan jou frustrasie oor hoe om dit te doen. Ek sou voorstel: maak al jou veranderings op Moorreesburg (en verwante artikels soos nodig), en wanner jy klaar is, kan ons maar almal saam sien wat die beste manier sal wees om dit op te breek. Los maar net 'n nota op die besprekingbladsy of iets.
- M.b.t. die konteks: ek sien gereeld op enwiki as daar 'n baie groot bladsy is b.v. "Land XYZ" dan onder die "Land XYZ#Geography" gee hulle 'n goeie inleiding oor die geografie van die land. En dan op die "Geography of Land XYZ" bladsy is die inleiding basies dieselfde teks. Maar dan daarna is baie meer inligting.
- Sterkte met die versameling van al die inhoud, en dankie vir al jou harde werk! - Rooiratel (kontak) 11:30, 19 Augustus 2024 (UTC)
- Ek verstaan heeltemal dat al hierdie klein goedjies 'n invloed op mekaar kon gehad het. Sonder twyfel. En dit is jammer dat 'n plaaskind wat skaars 'n selfoonsein kan opvang elke keer moet teruggaan na die hoofartikel (Moorreesburg) om 'n vertakking te soek. Dit is nie ideaal nie. Maar ek kan geen uitweg sien nie. Suidpunt (kontak) 10:55, 19 Augustus 2024 (UTC)