Bespreking:Poincaré-vermoede
Jongste opmerking: 1 jaar gelede deur K175 in onderwerp Titel
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Poincaré-vermoede-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
|||
|
| Artikelriglyne
|
Daaglikse bladtrekke van Poincaré-vermoede
'n Grafiek sou hier vertoon word, maar grafieke is tydelik afgeskakel. Besoek intussen gerus die interaktiewe grafiek by pageviews.wmcloud.org. |
Titel
wysigEk vermoed dat hierdie 'n "aanname" is eerder as 'n "probleemstelling." Wat dink julle? Dagelf (kontak) 21:08, 20 November 2023 (UTC)
- @@Dagelf: of dalk eerder "vermoede"? "Aanname" klink vir my sinoniem met "veronderstelling". In Engels noem hulle dit 'n "conjecture". @Burgert Behr: wat dink jy? Ek het ongelukkig nie nou toegang tot 'n woordeboek nie. – K175 (skil 'n appeltjie) 21:41, 20 November 2023 (UTC)
- Ook, die akuut ontbreek in die titel. – K175 (skil 'n appeltjie) 21:49, 20 November 2023 (UTC)
- Gissing, veronderstelling, volgens Pharos. ~ Burgert (kontak) 13:48, 21 November 2023 (UTC)
- Hier is 'n paar nuttige inskrywings uit HAT 6:
- aanname s.nw [~s] 1 die aanneem van iets; aanneming: die aanname van 'n voorstel. 2 veronderstelling: Ons besluit berus op die aanname dat jou feite korrek is.
- vermoede s.nw [~(n)s] 1 veronderstelling; (voor)gevoel; mening; verwagting; gissing: Jou vermoede was reg. ∘ Wat ek nou sê, is net 'n vermoede, hoor! 2 agterdog, argwaan: Ek het geen vermoede gehad van sy skelmstreke nie. ∘ Kwade vermoedens teen iemand koester.
- veronderstelling s.nw [~s of ~e] wat veronderstel word/is; vermoede: 'n Veronderstelling is nog nie 'n feit nie. ∘ Hy gaan in sy redenering van sekere veronderstellings uit. ∘ In die veronderstelling dat dit so is.
- Die Nederlandse titel is nl:Vermoeden van Poincaré en die Duitse titel is de:Poincaré-Vermutung. – K175 (skil 'n appeltjie) 19:38, 12 Desember 2023 (UTC)
- Ek skuif die artikel intussen terug na sy oorspronklike titel. Hier is 'n bron wat hierdie vorm gebruik:
- Fourie, J.J. (16 Augustus 1991). "Die balans tussen "basiese" en "toegepaste" in navorsing en onderrig van wiskunde" (PDF).
- – K175 (skil 'n appeltjie) 19:26, 13 Desember 2023 (UTC)