Bespreking:William Smith

Jongste opmerking: 4 maande gelede deur Pynappel in onderwerp Spasies tussen voorletters

Spasies tussen voorletters

wysig

@Woordgenoot: kan jy asb. die AWS raadpleeg en sê of ons spasies tussen die voorletters van die onderwerp se pa se naam moet plaas al dan nie? D.i. is dit J.L.B. Smith of J. L. B. Smith? En maak dit 'n verskil dat hy die naamgewer van binomiale name is (sien bv. selakant)? Want ons skryf gewoonlik net die voorletters van die naamgewer, en dan sonder spasies, maar ek weet nie of dit 'n reël in Afrikaans is en of ons die Engelse styl na-aap nie. By voorbaat dank. – Pynappel (kontak) 18:59, 21 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

CC @Burgert Behr:. Jammer, ek weet nie of hierdie onderwerp reeds iewers bespreek is nie. – Pynappel (kontak) 19:00, 21 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
@Oesjaar: dankie vir jou wysiging - dit laat die skakel werk - maar ek wil net seker maak dis die korrekte styl. – Pynappel (kontak) 19:01, 21 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

@Pynappel:: Geen spasies tussen die voorletters is die korrekte Afrikaanse manier om dit te skryf. Groete Woordgenoot (kontak) 08:13, 22 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

@Woordgenoot: baie dankie. – Pynappel (kontak) 10:10, 22 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
Terug na "William Smith"-bladsy.