Blouooguintjie
Die blouooguintjie (Moraea aristata) is 'n endemiese geofiet wat oorspronklik op die Kaapse Skiereiland tussen Kaapstad en Rondebosch voorgekom het. Die enigste steeds bestaande populasie word in Observatory aangetref. Dit omvat minder as 50 plantjies in 'n habitat wat volledig getransformeer is. Daar is baie indringerplante, veral grasse. Op die SANBI-rooilys is dit as 'n 'kritiek bedreigde' spesie (CR D) gelys. Hierdie spesie staan op die rand van uitsterwing in die wildernis.[1][2]
Blouooguintjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Moraea |
Spesie: | M. aristata
|
Binomiale naam | |
Moraea aristata (D Delaroche) Asch. & Graebn. (1906)
| |
Sinonieme | |
|
Fotogalery
wysigVerwysings
wysig- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 November 2018.
- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77067648-1