Bok (astrologie)
Die Bok (Chinees: 羊, yáng) is die agtste dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Bok word verbind met die Aardse taksimbool 未.[1]
Dit kan ook as Skaap of Ram vertaal word[2][3] omdat die Chinese woord yáng meer akkuraat vertaal word as Caprinae, ’n takson wat beide bokke en skape insluit.[4]
Beskrywing
wysigVolgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Bok, Aap en Haan deur ’n spanpoging anderkant aangekom. Die Haan het ’n vlot gevind en die Aap en Bok het geruk en gepluk om al die onkruid uit die pad te kry. Hulle het die agtste, negende en tiende plek verower.
Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.
Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Bok is van 13:00 tot 15:00 – die tyd wanneer bokke gras vreet en baie urineer.
In Chinese simbologie word Bokke beskou as sag, goedhartig en kalm, maar ook besluiteloos, ydel en bedees.
Jare en die Vyf Elemente
wysigMense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Bok gebore, met ook die volgende elementêre teken:[5]
Begindatum | Einddatum | Hemelse tak |
---|---|---|
17 Februarie 1931 | 5 Februarie 1932 | Metaalbok |
5 Februarie 1943 | 24 Januarie 1944 | Waterbok |
24 Januarie 1955 | 11 Februarie 1956 | Houtbok |
9 Februarie 1967 | 29 Januarie 1968 | Vuurbok |
28 Januarie 1979 | 15 Februarie 1980 | Aardbok |
15 Februarie 1991 | 3 Februarie 1992 | Metaalbok |
1 Februarie 2003 | 21 Januarie 2004 | Waterbok |
19 Februarie 2015 | 7 Februarie 2016 | Houtbok |
6 Februarie 2027 | 25 Januarie 2028 | Vuurbok |
24 Januarie 2039 | 11 Februarie 2040 | Aardbok |
Bokke en hul maats
wysigTeken | Beste maats | Gemiddelde maats | Slegte maats |
Bok | Bok, Vark, Konyn | Hond, Tier, Perd, Draak, Aap, Rot, Slang, Haan | Os |
Basiese astrologiese elemente
wysigAardse tak van geboortejaar | Wei |
Die Vyf Elemente | Aarde |
Jin/jang | Jin |
Maanmaand | 6de |
Gelukkige nommers | 2, 3, 4, 7, 9; vermy: 6, 8 |
Gelukkige blomme | Angelier, sleutelblom |
Gelukkige kleure | Groen, rooi, pers; vermy: goud, bruin |
Seisoen | Somer |
Naaste Westerse teken | Kreef |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Chinese Zodiac - Sheep / Goat / Ram". Travel China Guide (in Engels). TravelChinaGuide.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 29 Desember 2014.
- ↑ Wen Huang, "Year of the Sheep, Goat or Ram?" Chicago Tribune, 31 Januarie 2003. Besoek op 8 Februarie 2015.
- ↑ Theodora Lau and Laura Lau, Chapter 8: "The Sheep: The Eighth Sign of the Lunar Cycle", The Handbook of Chinese Horoscopes, pp. 193-220, Harper Collins, 1979 (sagteband Desember 2010) ISBN 978-0061990915
- ↑ A Lunar New Year With a Name That’s a Matter of Opinion, Chris Buckley, New York Times, 18 Februarie 2015
- ↑ "Chinese Zodiac – Sheep" (in Engels). Your Chinese Astrology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2020. Besoek op 25 Augustus 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bok (astrologie).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Vorige teken ← Perd (午) |
Bok (未) | Volgende teken Aap (申) → |