Boogskutter-sterrewolk
deel van die Sagittarius-spiraalarm van die Melkweg
(Aangestuur vanaf Boogskutter-sterwolk)
Die Boogskutter-sterrewolk (ook bekend as Messier 24, Delle Caustiche en IC 4715) is ’n sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is in 1764 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Boogskutter-sterrewolk | ||||
Soort stelsel | Sterreswerm | |||
Sterrebeeld | Boogskutter | |||
Messier-naam | Messier 24 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 18h 17m | |||
Deklinasie | -18º 29' | |||
Skynmagnitude | 4,6 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 10 000 ligjare (3 070 parsek) | |||
Skynbare grootte | 90′.0 | |||
Ander name | Delle Caustiche, IC 4715 | |||
|
Die swerm is sowat 600 ligjare breed. Die sterre, swerms en ander voorwerpe waaruit dit bestaan, is deel van die Carina-Sagittarius-arm van die Melkweg. Messier het dit beskryf as ’n "groot newelagtigheid wat baie sterre bevat".
Dit is die digste konsentrasie van individuele sterre wat met ’n verkyker gesien kan word, met sowat 1 000 sterre wat binne ’n enkele gesigsveld sigbaar is.
Eksterne skakels
wysig- SEDS: Messier 24
- Boogskutter-sterrewolk op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia