Bosveldharpuisboom

immergroen boom wat aan die familie van mango-agtiges (Anacardiaceae) behoort

Die bosveldharpuisboom (Ozoroa paniculosa) is 'n immergroen boom wat aan die familie van mango-agtiges (Anacardiaceae) behoort. Dit kom algemeen rondom Pretoria en Johannesburg voor, asook in die Noordwes en Limpopo. Die spesie is ook inheems in Botswana, Eswatini, Mosambiek en Namibië.

Bosveldharpuisboom
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Sapindales
Familie: Anacardiaceae
Genus: Ozoroa
Spesie:
O. paniculosa
Binomiale naam
Ozoroa paniculosa
(Sond.) R.Fern. & A.Fern., (1965)
Sinonieme
  • Anaphrenium paniculosum (Sond.) Engl.
  • Heeria paniculosa (Sond.) Kuntze
  • Rhus paniculosa Sond.


Die boom word gemiddeld 4 meter hoog. Die vrugte is ongeveer 7 x 10 mm groot en lewer 'n vlugtige sowel as nie-vlugtige olie. Die vloeistof in die bas en wortels word hard sodra dit aan lug blootgestel word.

Ander name sluit in die (gewone) harpuisboom of harsbessie. Die Engelse naam is "Common resin tree", terwyl dit in Tswana as die "Monokane" bekend staan.

Die boom se FSA-nommer is 375.[1]

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Bronne

wysig