Bronville
Bronville is 'n Kleurling/Swart-woonbuurt op die goudvelde van die provinsie Vrystaat in Suid-Afrika. Die dorp is gestig gedurende die jare van skeiding van swart en bruin mense aangrensend aan die stad Welkom, om werkers te huisves wat op die wêreld se rykste goudmyne gewerk het.
Bronville | |
---|---|
Koördinate: 27°58′0″S 26°48′40″O / 27.96667°S 26.81111°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Lejweleputswa |
Munisipaliteit | Matjhabeng |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,25 km2 (0,87 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 9 966 |
• Digtheid | 4 429/km2 (11 470/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 60.5% |
• Swart mense | 38.6% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 66.5% |
• Suid-Sotho | 20.9% |
• Xhosa | 5.7% |
• Engels | 3.1% |
• Ander | 3.8% |
Die buurt is 'n deel van die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit in die Lejweleputswa-distriksmunisipaliteit.
Bevolkingsverdeling
wysigVandag het die townships van Thabong en Bronville 'n bevolking van ongeveer 200 000 inwoners. Gewoonlik word verwys na Thabong, met sy 49 onderdele, as die kombinasie van beide Thabong en Bronville, al word Bronville as 'n onafhanklike dorp van Welkom geklassifiseer.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Bronville". Sensus 2011.