Gewone dikkop
Die gewone dikkop (Burhinus capensis) is 'n voël wat wydverspreid in Afrika suid van die Sahara voorkom. Die voël word tot 18 duim hoog en het lang bene en bruin vere met wit spikkels daarop. Hierdie spikkels bied uitstekende kamoeflering in die droë grasvelde en savanne waar hulle voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Spotted thick-knee.
Gewone dikkop | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. capensis
|
Binomiale naam | |
Burhinus capensis (Lichtenstein, 1823)
| |
verspreiding |
Identifikasie
wysigHierdie voël is groter as die waterdikkop. Dit het 'n donkerbruin-en-dofgeel gespikkelde rugkant. Dit het nie grys vlerkdekvere soos die waterdikkop nie. Tydens vlug is klein wit vlekke by die basis van die binne- en buitehoofslagvere sigbaar. Die res van die slagvere en grootdekvere is swarterig. Die ondervlerk is wit met 'n swart agterrand en middelstreep. Die jong voëltjie se rugkant is meer gestreep as die volwasse voëls. Die voël het 'n vlerkspan van 80 cm.
Gewoontes
wysigDie spesie jag uitsluitlik op die grond en vreet insekte, klein soogdiere en akkedisse. Hulle maak op die grond nes en die wyfie lê gewoonlik twee eiers op 'n slag. Die mannetjie en wyfie maak die kuikens saam groot en beide dra kos aan. Die voëls beskerm hulle neste en sal selfs maak of hulle beseer is om roofdiere van die nes af weg te lok. Hulle is ook voëls wat in die aand uitkom.[1]
Sien ook
wysigBronnelys
wysig- Newman se Voëls van Suider-Afrika, ISBN 1-86872-982-6
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
Verwysings
wysig- ↑ Karli van Straten. Spotted Dikkop "Feite oor die gewone dikkop, Lincoln Park Dieretuin" Geargiveer 15 Junie 2013 op Wayback Machine