Waterdikkop
Die waterdikkop (Burhinus vermiculatus) is 'n lid van die dikkopfamilie en 'n nagvoël, net soos ander lede van die familie, maar meer aktief oordag as die ander dikkoppe. Dit kan bedags naby die oewers van riviere en mere gesien word, waar die voëls se natuurlike kamoeflering hulle byna onsigbaar maak tussen die rotse.
Waterdikkop | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Charadriiformes |
Familie: | Burhinidae |
Genus: | Burhinus |
Spesie: | B. vermiculatus
|
Binomiale naam | |
Burhinus vermiculatus |
Identifikasie
wysigHierdie voël is kleiner as die gewone dikkop. 'n Volwasse waterdikkop het 'n lengte van 41 cm en weeg 270 g. Die voël het 'n bruin kop met geel oë, 'n swart snawel en wit keel. Sy rug is ook bruin en sy bene grys van kleur. Die voël het 'n gehurkte postuur.
Verspreiding
wysigWaterdikkoppe kom algemeen in Afrika voor, suid van 5°N van Liberië, Suid-Somalië tot by Suid-Afrika. Hulle kom egter nie voor in die suidwestelike woestyngebiede van hierdie area nie.
Habitat
wysigDie voëls word oor die algemeen in moerasagtige gebiede en naby mere en riviere aangetref. Hulle word selde alleen aangetref en kom in pare of in 'n swerm voor.
Voortplanting
wysigWaterdikkoppe is monogaam, maar indien die maat van 'n waterdikkop sterf, sal hy of sy 'n nuwe maat soek. Hul neste word in die grond gebou waarin die wyfie tipies 1 tot 3 roomkleurige eiers lê.
Dieet
wysigWaterdikkoppe vreet meestal insekte en ander ongewerweldes, asook klein watergoggas.
Geluid
wysigDie klaende, fluitende roep van die waterdikkop kan snags gehoor word.
Ander name
wysig- Engelse naam: Water Thick-knee (Dikkop)
- Wetenskaplike naam: Burhinus vermiculatus
Sien ook
wysigBronnelys
wysig- Newman se Voëls van Suider-Afrika. ISBN 1-86872-982-6.
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
- Water Thick-Knee Geargiveer 8 Junie 2007 op Wayback Machine, by die webwerf van Kenya Birds. Laaste besoek op 30 Mei 2007.
- Water Thick-knee Geargiveer 28 September 2007 op Wayback Machine, by The Kruger.com. Laaste besoek op 30 Mei 2007.
- The Nature Trail Geargiveer 23 Mei 2007 op Wayback Machine, by Mbweni Ruins Hotel in Zanzibar Geargiveer 28 Mei 2007 op Wayback Machine. Laaste besoek op 30 Mei 2007.
Eksterne skakels
wysig- YouTube-video van 'n dagbesigting van 'n waterdikkop.