Mauritiusdoring
(Aangestuur vanaf Caesalpinia decapetala)
Die Mauritiusdoring (Caesalpinia decapetala) is 'n indringerplant en struik of klimplant wat inheems is aan Suidoos-Asië, en nie Mauritius soos die naam aandui nie. Dit groei aan rivieroewers, woudrande en woudooptes asook langs paaie.
Mauritiusdoring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. decapetala
|
Binomiale naam | |
Caesalpinia decapetala (Roth) Alston
|
Voorkoms
wysigDie plant word 2 tot 4 m hoog, groei dig en is immergroen. Die Acacia-agtige plant het 'n veeragtige loof. Dit vorm verstrengelde ruigtes of klim in bome op. Kort dorings bedek die takkies, wat reguit of haakvormig kan wees. Die blare is saamgestel en die bokant is donkerder. Die blomme is aanskoulik, liggeel en verskyn in keëlvormige are. Die vrug is 'n houtagtige peul en skerp, amper soos 'n snawel.
Dit is 'n gasheerplant vir die skoenlapper Charaxes baumanni[1]
Bron
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Verwysings
wysigSien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikispecies het meer inligting verwant aan Mauritiusdoring
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mauritiusdoring.