Maak hoofkeuseskerm oop

Chrissiesmeer is 'n klein dorpie in 'n waterryke gebied van Mpumalanga in Suid-Afrika.

Chrissiesmeer
Ligging van Chrissiesmeer op 'n kaart (Mpumalanga)
Chrissiesmeer
Chrissiesmeer
 Chrissiesmeer se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 26°16′0″S 30°13′0″O / 26.26667°S 30.21667°O / -26.26667; 30.21667Koördinate: 26°16′0″S 30°13′0″O / 26.26667°S 30.21667°O / -26.26667; 30.21667
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distrik Gert Sibande
Munisipaliteit Msukaligwa
Stigting 1860
Oppervlak[1]
 - Dorpie 3,25 km²  (1,3 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorpie 4 012
 - Digtheid 1 234/km² (3 196/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 5.2%
 • Indiër/Asiër 0.7%
 • Kleurling 0.1%
 • Swart 94.0%
Taal (2011)[1]
 • Zoeloe 62.4%
 • Swazi 26.5%
 • Afrikaans 4.5%
 • Engels 2.4%
 • Ander 4.2%
Poskode (strate) 2332
Poskode (posbusse) 2332
Skakelkode(s) 017

GeskiedenisWysig

Die San en Tlou-tle bevolking het die gebied bewoon en op vlotte op van die groter mere gewoon. Die Voortrekkers het in die 1860's 'n dorp in die gebied gevestig en dit na ZAR President Marthinus Wessel Pretorius se dogter Christina Johanna Petronella vernoem. In die 1880's het die dorp 'n belangrike oornagpunt geword vir waens wat na die goudmyndorp Barberton onderweg was.[2]

ChrissiesmeerWysig

Die dorpie is aan die noordekant van die meer geleë. Die meer is ongeveer 24 km in omtrek en plek-plek sowat 3 m diep. Dit is die weiveld en broeiplek van menige watervoëls, ook flaminke.

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Chrissiesmeer". Sensus 2011.
  2. Chrissiesmeer, besoek op 7 April 2007