Cyrtanthus aureolinus
Plantspesie
Cyrtanthus aureolinus is 'n blomdraende plant en geofiet wat hoort tot die familie Amaryllidaceae en is endemies aan die Wes-Kaap waar dit in die Swartberge voorkom en deel van die fynbos-bioom is. Daar is net een populasie en die plant word as krities, seldsaam beskou. Die plant het tans geen bedreigings nie en word beskerm deur die privaat natuurreservaat waarin dit voorkom.
Cyrtanthus aureolinus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Amaryllidaceae |
Subfamilie: | Amaryllidoideae |
Genus: | Cyrtanthus |
Spesie: | C. aureolinus
|
Binomiale naam | |
Cyrtanthus aureolinus Snijman, 2007
|