Cyrtanthus carneus
Plantspesie
Cyrtanthus carneus is blomdraende plant en geofiet wat hoort tot die familie Amaryllidaceae. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Caledon tot by die Breederiviermonding voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 3000 km² en daar is nege subpopulasies; dit is deel van die fynbos-bioom. Die plant het reeds 30% van sy habitat afgestaan aan landbou aktiwiteite en word tans bedreig deur verdere landbou aktiwiteite, indringerplante en onwettige versameling deur mense.
Cyrtanthus carneus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Amaryllidaceae |
Subfamilie: | Amaryllidoideae |
Genus: | Cyrtanthus |
Spesie: | C. carneus
|
Binomiale naam | |
Cyrtanthus carneus Lindl., 1832
|