Cyrtanthus nutans
Plantspesie
Cyrtanthus nutans is 'n blomdraende plant en geofiet wat hoort tot die familie Amaryllidaceae en is inheems aan KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Eswatini. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 6067 km² en daar is vier subpopulasies in Suid-Afrika en drie in Eswatini. Die plant kom van Barberton in Mpumalanga tot in westelike Eswatini en noordelike KwaZulu-Natal voor; dit word as seldsaam beskou. Die plant het reeds 45% van sy habitat verloor aan bosbou en mynbou bedrywighede. By Dundee het plant ook habitat afgestaan landbou aktiwiteite, die bedreiging bestaan steeds.
Cyrtanthus nutans | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Amaryllidaceae |
Subfamilie: | Amaryllidoideae |
Genus: | Cyrtanthus |
Spesie: | C. nutans
|
Binomiale naam | |
Cyrtanthus nutans R.A.Dyer, 1955
|