Dada Morero

Suid-Afrikaanse politikus

Sello Enoch Dada Morero is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert 16 Augustus 2024 die burgemeester van Johannesburg is, 'n pos wat hy voorheen vir 25 dae beklee het, van 30 September 2022 tot 25 Oktober 2022 toe die voormalige burgemeester, Mpho Phalatse, heraangestel is d.m.v. die howe. Morero is die streekvoorsitter van die African National Congress in Johannesburg.

Politieke loopbaan

wysig

Morero is 'n voormalige COSAS (Congress of the South African Students) studenteleier. Hy het voorheen vir twee termyne gedien as die streeksekretaris van die African National Congress in Johannesburg.[1] Op 5 Junie 2022 het Morero die adjunk-streekvoorsitter Eunice Mgcina verslaan om die volgende streeksvoorsitter van die ANC te word, met 153 stemme teenoor Mgcina se 143 stemme.[2][3]

Ná die ineenstorting van die DA-geleide koalisieregering in die Stad Johannesburg en die daaropvolgende verwydering van die DA-burgemeester Mpho Phalatse in 'n mosie van wantroue, is Morero op 30 September 2022 tot burgemeester verkies.[4] Hy is verkies met die hulp van die DA se voormalige koalisievennote, die Patriotiese Alliansie en die Congress of the People.[5][6] Hy is die volgende dag in die amp beëdig.[7] Op 25 Oktober 2022 het die Suid-Gautengse Hooggeregshof beslis dat sy verkiesing as burgemeester onwettig was, en Phalatse as burgemeester met onmiddellike effek heringestel.[8] Phalatse is uiteindelik in Januarie 2023 as burgemeester uitgestem en vervang met Thapelo Amad van die Al Jama-ah-party; Morero is deur Amad as lid van die Burgemeesterskomitee vir Finansies aangestel.[9] Amad het later in April 2023 as burgemeester bedank en is die volgende maand vervang met mede-Al Jama-ah-raadslid Kabelo Gwamanda; Morero het gebly as MMC vir Finansies.[10]

Cyril Ramaphosa, ANC-president en -president van Suid-Afrika, het op 21 Augustus 2023 tydens 'n toespraak by 'n ANC-geleentheid in Gauteng gesê Morero moet weer burgemeester van die metro wees.[11]

Op 16 Augustus 2024 is Morero vir 'n tweede, nie-opeenvolgende, termyn as Johannesburgse burgemeester verkies, wat Kabelo Gwamanda vervang.[12]

Verwysings

wysig
  1. "ANC elects new leadership in Johannesburg and Ekurhuleni". BusinessLIVE (in Engels). Besoek op 1 Oktober 2022.
  2. Moichela, Kamogelo. "Dada Morero elected the new ANC chairperson of Joburg". www.iol.co.za (in Engels). Besoek op 1 Oktober 2022.
  3. "Dada Morero elected as Joburg ANC regional chairperson". SowetanLIVE (in Engels). Besoek op 1 Oktober 2022.
  4. Mafisa, Itumeleng. "ANC back in power in Johannesburg, Dada Morero elected mayor". www.iol.co.za (in Engels). Besoek op 1 Oktober 2022.
  5. "ANC's Dada Morero elected Joburg's new mayor". BusinessLIVE (in Engels). Besoek op 1 Oktober 2022.
  6. Masuabi, Queenin (30 September 2022). "COUNCIL CALAMITY: A dramatic Friday as City of Joburg elects Dada Morero as mayor after Mpho Phalatse gets the chop". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 1 Oktober 2022.
  7. "The ANC's Dada Morero sworn in as Joburg mayor". ewn.co.za (in Engels). Besoek op 1 Oktober 2022.
  8. Nkosi, Nomazima. "Court rules election of Dada Morero as Joburg mayor unlawful". SowetanLIVE (in Engels). Besoek op 21 November 2023.
  9. Ramushwana, Alpha. "Joburg Mayor Thapelo Amad announces members of mayoral committee". ewn.co.za (in Engels). Besoek op 21 November 2023.
  10. Ramushwana, Alpha. "New Joburg mayor Gwamanda keeps predecessor's mayoral committee intact". ewn.co.za (in Engels). Besoek op 21 November 2023.
  11. "Dada Morero should be Joburg mayor again, says Ramaphosa". TimesLIVE (in Engels). Besoek op 21 November 2023.
  12. Mafisa, Itumeleng (16 Augustus 2024). "BREAKING: Morero elected as Johannesburg mayor again!". The Citizen. Johannesburg. Besoek op 16 Augustus 2024.