Dagur B. Eggertsson
Dagur Bergþóruson Eggertsson (* 19 Junie 1972) is 'n Yslandse politikus en beklee sedert 16 Junie 2014 die amp van burgemeester (Yslands borgarstjóri) van die Yslandse hoofstad Reykjavík.[1] Hy het dié amp ook tussen 16 Oktober 2007 en 21 Januarie 2008 beklee. Hy is ook die voorsitter van die Sosiaal-Demokratiese Samfylkingin (Alliansie) in die stadsraad van Reykjavík.
Dagur Bergþóruson Eggertsson | |
17de Burgemeester van Reykjavik
| |
Ampstermyn 16 Oktober 2007 – 24 Januarie 2008 | |
Voorafgegaan deur | Vilhjálmur Vilhjálmsson |
---|---|
Opgevolg deur | Ólafur Magnússon |
21ste Burgemeester van Reykjavik
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 16 Junie 2014 | |
Voorafgegaan deur | Jón Gnarr |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 19 Junie 1972 |
Politieke party | Sosiaal-Demokratiese Alliansie |
Dagur is 'n boorling van Oslo en het in Reykjavík se Árbæjar-kwartier grootgeword. Hy is 'n arts van beroep en is sedert 2002 'n lid van Reykjavík se stadsraad. Dagur is ook die skrywer van 'n biografie oor die voormalige eerste minister van Ysland, Steingrímur Hermannsson, wat tussen 1998 en 2000 in drie boekdele verskyn het.
Nadat die Liberale en die Onafhanklikheidsparty in Januarie 2008 in die stadsraad van Reykjavík in 'n koalisie verenig het, is Ólafur F. Magnusson as nuwe burgemeester verkies. Dagur B. Eggertsson is op 28 Maart 2009 as vise-voorsitter van die Sosiaal-Demokratiese Alliansie verkies.[2][3]
Verwysings
wysig- Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: Dagur B. Eggertsson
- ↑ Kári Tulinius, 'So What's this City Election I Keep Hearing About?', The Reykjavík Grapevine (12 Junie 2014, issue 7), 8.
- ↑ RÚV.is, in Yslands
- ↑ Amptelike webtuiste van die Sosiaal-Demokratiese Alliansie, in Yslands
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dagur B. Eggertsson.
- Die amptelike webwerf van Reykjavík