Daniël Eloff

Suid-Afrikaanse prokureur en skrywer

Daniël Eloff (gebore 1994) is 'n Suid-Afrikaanse prokureur en skrywer.[1]

Daniël Eloff
Gebore1994
Suid-Afrika
Alma materUniversiteit van Pretoria
BeroepProkureur, skrywer

Vroeë lewe en opleiding

wysig

Eloff het in 2012 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool gematrikuleer. Hy het die LLB- en LLM-grade aan die Universiteit van Pretoria behaal[2] en later 'n nagraadse diploma in mensereglitigasie by die Universiteit van die Witwatersrand voltooi. Sy LLM-proefskrif se titel was "A Comparative Inquiry into Internet Neutrality in South Africa."[3]

Eloff het as student die UP Debatsvereniging gestig en het die ATKV-Universiteitedebat se kompetisie gewen. Hy het ook in 2015 die prys vir die beste spreker gewen.

Professionele lewe

wysig

Eloff is 'n jong prokureur by Hurter Spies Ing., 'n prominent regsfirma in Pretoria.[4] Eloff was betrokke by verskeie sake oor onderwys, taalregte, regeringsaanspreeklikheid en openbarebelanglitigasie. Hurter Spies het sedert 2009 sivielereglitigasie vir AfriForum, Solidariteit en ander burgerregte-organisasies hanteer, en Eloff is dus 'n prominente figuur in aanspreeklikheidslitigasie en die bevordering van die regte van minderhede.

Eloff was betrokke by verskeie hofsake betreffende die Suid-Afrikaanse nasionale ramptoestand wat in reaksie op die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika verklaar is.[5][6] Hierdie sake het die gedwonge kwarantyn van Suid-Afrikaners wat uit die buiteland terugkeer, die verbod op alkoholverkope, die sluiting van skole en kleuterskole, sowel as ander inperkingsmaatreëls ingesluit.

Eloff dien op die Adviesraad van die Universiteit van Pretoria se Konvokasie. Hy dien ook as 'n raadslid van die Free Speech Union van Suid-Afrika en is 'n lid van die raad van adviseurs van die Action Society Law Clinic.[7]

Skryfwerk en publikasies

wysig

Eloff is 'n gereelde skrywer en bydraer vir verskeie aanlyn- en ander publikasies. Hy het ook 'n aantal akademiese artikels gepubliseer oor onderwerpe soos openbarebelanglitigasie, administratiewe reg, kuberreg en kinderregte. Hy het spesifieke publikasies geskryf oor onderwerpe soos internetneutraliteit, die rasionaliteitstoets in inperkingslitigasie,[8] die aard van regte en toegang tot die internet,[9] en meer. Sy ander skryfwerk sluit in artikels oor die algemene databeskermingsregulasie,[10] regsprivilegie en kuberkraking,[11] en kinderregte in Suid-Afrikaanse skole.[12]

Persoonlike lewe

wysig

Eloff is die seun van prof. Irma Eloff, 'n professor in Opvoedkundige Sielkunde by die Universiteit van Pretoria en 'n ereprofessor aan die Universiteit van Innsbruck (Oostenryk). Hy is ook die broerskind van Theuns Eloff. Eloff, ’n afstammeling van pres. Paul Kruger en sy tweede vrou, Gezina, en ’n agter-agterkleinkind van F.C. (Ryk Freek of Frikkie) Eloff, na wie die woonbuurt Eloffsdal in Pretoria genoem is, en sy vrou, Elsie Eloff-Kruger, is een van vyf kinders.

Kontroversie

wysig

In 2019 het 'n sosiale- mediastruweling ontstaan toe Eloff van die sosiale mediaplatform Twitter geskors is nadat hy 'n foto van Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, geplaas het wat glo in besigheidsklas gevlieg het.[13][14][15]

Eloff het die Suid-Afrikaanse regering se behandeling van motoriste tydens 'n voorval op die N1-snelweg wat VIP-polisie betrek het, bevraagteken.[16][17][18][19]

Verwysings

wysig
  1. Daniël Jakobus Eloff - Attorney Profile". LPC. South African Legal Practice Council. - https://lpc.org.za/lawyer/daniel-jakobus-eloff/[dooie skakel]
  2. Eloff, Daniël. "A Comparative Inquiry into Internet Neutrality in South Africa". UPSpace Institutional Repository. hdl:2263/78704. Retrieved 1 June 2021 - https://repository.up.ac.za/handle/2263/78704
  3. Eloff, Daniël. "A Comparative Inquiry into Internet Neutrality in South Africa". UPSpace Institutional Repository. https://repository.up.ac.za/handle/2263/78704
  4. Hurter Spies Inc. Ons Span blad - https://hurterspies.co.za/af/ons-span/
  5. Hofsake oor die regering se inperkingsregulasies | KN VERSLAG IN GESPREK | 20 MEI 2020 | kykNET. (2020, May 21). YouTube. https://www.youtube.com/watch?v=usy4vKBbb6s
  6. COVID ramptoestand onwettig?| KN VERSLAG IN GESPREK | 25 NOV 2020 | kykNET. (2020, November 25). YouTube. https://www.youtube.com/watch?v=1MBR0g4N3nE
  7. Free Speech Union South Africa. Our People - The Advisory Board - https://freespeech.org.za/our-people
  8. Eloff D ‘The rationality test in lockdown litigation in South Africa’ (2021) 21 African Human Rights Law Journal 1157-1180 - http://www.scielo.org.za/pdf/ahrlj/v21n2/22.pdf
  9. Eloff D ‘The nature of rights and access to the internet’ (2023) 44 Obiter 33-49 - https://obiter.mandela.ac.za/article/view/12594
  10. Eloff D “Unscrambling the General Data Protection Regulation” De Rebus (2018) (Aug) DR 32 - https://www.derebus.org.za/unscrambling-the-general-data-protection-regulation/
  11. Eloff D “Legal professional privilege and Internet hacking” De Rebus (2017) (Nov) DR 17 - https://www.derebus.org.za/legal-professional-privilege-internet-hacking/
  12. Eloff I & Eloff D “Children’s rights and participation in school in South Africa” in Tonon G, ‘Re-defining Children’s Participation in the Countries of the South’ J.B. Metzler (2022) - https://link.springer.com/chapter/10.1007/978-3-662-64167-5_5
  13. Head, T. (2019, August 23). Champagne socialist? Julius Malema slammed for flying business class. The South African. https://www.thesouthafrican.com/news/offbeat/champagne-socialist-julius-malema-business-class-flight/
  14. Reporter, C. (2019, August 23). Malema claps back at man who posted photo of him in business class | The Citizen. The Citizen. https://www.citizen.co.za/news/malema-claps-back-at-man-who-posted-photo-of-him-in-business-class/
  15. Julius Malema claps back at man who posted snap of him in business class. (n.d.). TimesLIVE. https://www.timeslive.co.za/politics/2019-08-26-julius-malema-claps-back-at-man-who-posted-snap-of-him-in-business-class/
  16. Zyl, C. V. (2023, July 8). Motorists assaulted by VIP police allegedly prohibited by SANDF from speaking out. The South African. https://www.thesouthafrican.com/news/motorists-assaulted-by-vip-police-allegedly-prohibited-by-sandf-from-speaking-out-breaking-news-08-july-2023/
  17. Roux, C. L. (2023, July 15). VIP highway assault: Suspended blue light officials still get full pay | The Citizen. The Citizen. https://www.citizen.co.za/news/vip-protection-highway-assault-suspended-saps-full-pay-latest/
  18. Wicks, B. (2023, July 10). N1 assault: One of the victims considers suing Cele, SAPS for R1m. N1 Assault: One of the Victims Considers Suing Cele, SAPS for R1m.
  19. Mitchley, A. (2001, August 24). Motorists assaulted by VIP police on N1 allegedly prohibited by SANDF from speaking about attack | News24. News24. https://www.news24.com/news24/southafrica/news/motorists-assaulted-by-vip-police-on-n1-allegedly-prohibited-by-sandf-from-speaking-about-attack-20230708