De Rust is dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is geleë aan die suidelike ingang van Meiringspoort op die N12 nasionale pad. Ongeveer 5 km suidoos van De Rust word die Olifantsrivier in die Stompdriftdam opgedam.

De Rust
Die kerkgebou van die NG gemeente De Rust, gestig in 1899
Die kerkgebou van die NG gemeente De Rust, gestig in 1899
De Rust is in Wes-Kaap
De Rust
De Rust
 De Rust se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°29′20″S 22°32′00″O / 33.48889°S 22.53333°O / -33.48889; 22.53333
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikTuinroete
MunisipaliteitOudtshoorn
Stigting1900
Oppervlak
 • Totaal17,63 km2 (6,81 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal3 566
 • Digtheid202/km2 (520/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense8.9%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense87.4%
 • Swart mense2.5%
 • Ander0.8%
Taal (2011)
 • Afrikaans 93.6%
 • Engels 4.1%
 • Ander 2.3%
Skakelkode044

De Rust is in 1900 gestig op die plaas De Rust waarvan die eerste eienaar J.P. Meiring was na wie Meiringspoort genoem is. Die naaste groot dorp is Oudtshoorn, 35 km wes van De Rust.

Dit is in 2011 aangewys as Rapport en Kwêla se "Dorp van die Jaar".

Wapen

wysig

De Rust se munisipale raad het in 1988 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In rooi, aan die kante rond uitgesny van goud, 'n golwende versmalde dwarsbalk van die een in die ander, blou en goud, in die skildhoof 'n silwer vyfpuntige ster. Die helmteken is 'n druiwetros tussen twee volstruisvere, en die wapenspreuk "Rus en vrede".[2]

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek De Rust". Sensus 2011.
  2. National Archives of South Africa: Data of the Bureau of Heraldry.