Dierama sertum
Plantspesie
Dierama sertum is 'n meerjarige geofiet wat deel is van die Iridaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in KwaZulu-Natal voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 1900 km² en kom van Tugelariviermond tot by St Lucia voor. Die spesie word bedreig deur ontwikkeling en die aanlê van plantasies en suikerrietlanderye.
Dierama sertum | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Dierama |
Spesie: | D. sertum
|
Binomiale naam | |
Dierama sertum Hilliard, (1991)
|