Diklootmelkbos
plant spesies
Die diklootmelkbos (Euphorbia dregeana) is 'n struik wat tot die genus Euphorbia behoort. Die struik is inheems in die Noord-Kaap en Namibië. Dit is 'n geronde, sukkulente struik wat tot 2m hoog word. Die takke is lank en latvormig en 8 tot 12 mm in deursnee. Dit gee 'n melksap af wanneer dit beskadig word. Die blomhofies kom voor in trosse op die punte, is gelerig en 6 - 8 mm in deursnee.
Diklootmelkbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. dregeana
|
Binomiale naam | |
Euphorbia dregeana E.Mey. ex Boiss., (1862)
| |
Sinonieme | |
|
Die struik kom in Silwerfontein, oos van Springbok voor. Die verspreidingsgebied strek van Lüderitz (Namibië) in die noorde tot Kamieskroon (Suid-Afrika) in die suide.
Galery
wysigBronne
wysig- Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika, John Manning, Briza Publikasies, ISBN 978 1 920217 01 3
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online