Dipankara Boeddha
Dipankara (Sanskrit en Pali: Dīpaṃkara, "Lampdraer") is een van die Boeddhas van die verlede. Hy het glo duisend jaar gelede op aarde gewoon. Volgens die Theravada-Boeddhistiese tradisie was hy die vierde van die 29 Boeddhas wie se naam bekend is.
Dipankara Boeddha | ||
Sanjaa (Dipankara) in ’n tempel in Mongolië. | ||
Persoonlik | ||
Oorlede | Nandarama | |
Loopbaan | ||
Titel | Die Boeddha | |
Voorganger | Saranankara Boeddha | |
Opvolger | Kondanna Boeddha | |
Inwyding | 17de eeu |
Vertalings | ||
Sanskrit | Dīpaṃkara | |
Pali | Dīpaṃkara | |
Tibettaans | mar me mdzad | |
Thai | พระทีปังกรพุทธเจ้า | |
Viëtnamees | Nhiên Đăng Phật | |
Tradisionele Sjinees | 燃燈佛 | |
Pinyin | Rándēng Fó | |
Mongools | Зулын Зохиогч, Дивангар (Zulyn Zohiyagci, Divangar) | |
Japannees | 燃燈仏 (ねんとうぶつ) | |
Koreaans | 연등불 |
Boeddhiste glo daar was ’n hele reeks Boeddhas in die verlede en dat daar nog ander in die toekoms sal wees. Dipankara is dus een van duisende vorige Boeddhas; die huidige een is Gautama en die toekomstige een Maitreya. Volgens tradisie het Dipankara voorspel dat Gautama in die verre toekoms ’n Boeddha sal word.
Dipankara word gewoonlik uitgebeeld as sittende, maar soms staan hy ook, veral in China, Thailand en Nepal. Hy vorm soms ’n beskermingsteken met sy regterhand, en dikwels met albei hande. Hy word selde alleen uitgebeeld; die bodhisattvas Manjusri en Vajrapani is gewoonlik saam met hom (algemeen in Java) of andersins Avalokiteśvara en Vajrapani (algemeen in Sri Lanka). Soms is hy saam met Gautama en Maitreya.
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia