Disa newdigateae
plantspesie
Disa newdigateae is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort en is deel van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom by die The Crags voor. Daar is net een subpopulasie, ses plante is vanaf 1895 tot 1931 hier versamel. Sedertdien is die plant nog nie weer gesien nie en daar word vermoed dat die aanplant van plantasies, ontwikkeling of indringerplante verantwoordelik is vir die verdwyning van die plant. Dit word as moontlik uitgesterf beskou.
Disa newdigateae | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Orchidaceae |
Subfamilie: | Orchidoideae |
Genus: | Disa |
Spesie: | D. newdigateae
|
Binomiale naam | |
Disa newdigateae L.Bolus, (1931)
| |
Sinonieme | |
|