Pedro II van Brasilië

(Aangestuur vanaf Dom Pedro II)

Pedro II van Brasilie (Pedro de Alcântara João Carlos Leopoldo Salvador Bibiano Francisco Xavier de Paula Leocádio Miguel Gabriel Rafael Gonzaga de Bragança e Habsburgo; 2 Desember 18255 Desember 1891) met die bynaam "die Grootmoedige", was die tweede en laaste monarg van die Brasiliaanse Ryk, wat in die land geregeer het tydens 'n tydperk van 58 jaar was hy die jongste seun van keiser Pedro I van Brasilië en keiserin-gemalin Maria Leopoldina, en dus 'n lid van die Brasiliaanse tak van die Huis van Braganza. gebore inKeiserlike paleis van São Cristóvão, in Rio de Janeiro. Die skielike abdikasie van sy pa en sy vertrek na Portugal, het Pedro keiser gemaak op net vyf jaar oud. Geforseer om die meeste van sy tyd te spandeer om te studeer ter voorbereiding vir die heerskappy, het hy min oomblikke van vreugde en vriende van sy ouderdom geken. Sy ervarings met paleisintriges en politieke geskille gedurende hierdie tydperk het 'n groot impak op die vorming van sy karakter gehad. Keiser Dom Pedro II het 'n man geword met 'n sterk pligsbesef en toewyding aan sy land en volk. Aan die ander kant het hy toenemend sy rol as monarg gegrief.

Pedro II van Brasilië
Keiser van Brasilië
Dom Pedro II
Dom Pedro II
Vorstehuis Braganza
Titels Keiser van Brasilië
Regeer 7 April 183115 November 1889
Kroning 18 Julie 1841
Voorganger Pedro I
Monargie afgeskaf Manuel Deodoro da Fonseca
Volle naam Pedro de Alcântara João Carlos Leopoldo Salvador Bibiano Francisco Xavier de Paula Leocádio Miguel Gabriel Rafael Gonzaga de Bragança e Habsburgo
Gebore 2 Desember 1825; Rio de Janeiro, Brasilië
Oorlede 5 Desember 1891; Parys, Frankryk
Eggenoot Teresa Cristina
Kinders Prins Afonso
Prinses Isabel
Prinses Leopoldina
Prins Pedro
Vader Pedro I
Moeder Maria Leopoldina van Oostenryk
Handtekening

Keiserskap

wysig
 
Dom Pedro II omstreeks 1887.

As 'n seun van vyf het Pedro die Keiser van Brasilië geword, net nadat sy vader Pedro I van Brasilië geabdikeer het om 'n politieke en militêre oorlog in Portugal te steun. Laasgenoemde oorlog het daartoe gelei dat Pedro II se suster, Maria II, koningin van Portugal sou word.

Pedro II het vir 58 jaar regeer. Gedurende sy heerskappy het industriële ontwikkeling in Brasilië begin. Hy het gesorg vir veel vooruitgang en ontwikkeling in sy land. Pedro II het ook na die Verenigde State gereis waar hy Alexander Graham Bell ontmoet het en so die eerste Brasiliaan geword wat 'n telefoon gebruik het.

Pedro II was 'n liberale leier en het slawerny op 13 Mei 1888 as onwettig verklaar. Alhoewel hy 'n populêre figuur was het hy absolute mag oor die parlement gehad en sommige het hom beskou as 'n stuikelblok op die pad na modernisme. Op 15 November 1889 is hy deur 'n militêre staatsgreep onttroon, waarna hy en sy familie na Portugal gevlug het.

Hy sterf Desember 1891 in Parys en beide sy oorskot asook dié van sy vrou word in 1920 na Brasilië geneem. Hulle word in Petropolis, die voormalige somerwoning van die keiserlike familie, begrawe.

Bronne

wysig
Hierdie artikel is 'n gedeeltelike vertaling van die Engelse Wikipedia artikel Pedro II of Brazil.