Don Mueang Internasionale Lughawe
Don Mueang Internasionale Lughawe (Thai: ท่าอากาศยาน ดอนเมือง) (IATA: DMK, ICAO: VTBD) (ook "ou" Bangkok Internasionale Lughawe) is een van twee internasionale lughawens wat Bangkok, Thailand bedien, die ander een is Suvarnabhumi Internasionale Lughawe ("nuwe" Bangkok Internasionale Lughawe). Die lughawe word gereken om een van die wêreld se oudste internasionale lughawens en Asië se oudste lughawe in bedryf te wees.
Don Mueang Internas. Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: DMK – ICAO: VTBD | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar/Militêr | ||
Eienaar | Koninklike Thaise Lugmag | ||
Operateur | Airports of Thailand | ||
Ligging | 222 Vibhavadi Rangsitweg, Khwaeng Sanam Bin, Bangkok, Thailand | ||
Spil vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 9 vt / 3 m | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
03L/21R | 3 700 | 12 139 | Teer |
03R/21L | 3 500 | 11 483 | Teer |
Statistieke (2022) | |||
Totale passasiers | 16 130 626 219% | ||
Internas. passasiers | 2 606 202 | ||
Binnelandse passasiers | 13 524 424 | ||
Lugbewegings | 120 683 132% | ||
Vrag (tonnemaat) | 6 543 68% | ||
Bron: Airports of Thailand[1] BangkokPost[2] |
Dit is amptelik geopen as 'n Koninklike Thaise Lugmagbasis op 27 Maart 1914, hoewel dit reeds vroeër in gebruik was. Die eerste kommersiële vlug was 'n aankoms van KLM Royal Dutch Airlines in 1924, wat dit een van die wêreld se oudste kommersiële lughawens maak. Don Mueang Lughawe is gesluit in 2006 ná die opening van Bangkok se nuwe Suvarnabhumi Lughawe, voordat dit op 24 Maart 2007 heropen is na opknappings. Sedert die opening van die nuwe lughawe, funksioneer Don Mueang as die plaaslike pendelaarspil en laekosterederyspil.
Terminale
wysigDon Mueang Internasionale Lughawe het drie terminale. Terminaal 1 word vir internasionale vlugte gebruik en Terminaal 2 vir binnelandse vlugte. Die opening van Terminaal 2 het die lughawe se kapasiteit tot 30 miljoen passasiers per jaar verhoog. Terminaal 3, die ou binnelandse terminaal, is sedert 2011 verlate. Die nuwe terminaal 3 het 'n kapasiteit van 18 miljoen passasiers. As deel van die 36,8 miljard baht-projek, sal terminaal 1 en 2 opgegradeer word om jaarliks 22 miljoen binnelandse passasiers te hanteer, wat die algehele lughawekapasiteit van 30 tot 40 miljoen jaarliks verhoog.
Statistiek
wysigIn 2019 het die lughawe sy volle kapasiteit van 52 vlugte per uur bereik, of ongeveer 700–800 vlugte per dag. Lughawebestuurder AoT voorspel 41 miljoen passasiers in 2020 en 45 miljoen teen 2023. Die lughawe is ontwerp om 'n maksimum van 30 miljoen passasiers jaarliks te bedien. Dit is nie moontlik om bykomende aanloopbane te bou nie. AoT moedig lugdienste aan om wyerompvliegtuie by Don Mueang te gebruik om passasiersgetalle van 100–200 passasiers tot ongeveer 300 per vliegtuig te verhoog.
Totale passasiersverkeer deur Don Mueang het in 2015 met 40,7 persent tot 30,3 miljoen gestyg, met internasionale getalle wat 53,1 persent tot 9,17 miljoen gestyg het en binnelandse passasiers wat 35,9 persent tot 21,1 miljoen toegeneem het. Lugbewegings het met 29,8 persent tot 224 074 gestyg, insluitend 158 804 binnelandse (tot 26,2 persent) en 65 270 internasionaal (toe 39,3 persent).
Jaar | Passasiers | Verandering | Bewegings | Vrag (ton) |
---|---|---|---|---|
2008 | 5 043 235 | – | – | – |
2009 | 2 466 997 | 51.1% | – | – |
2010 | 2 999 867 | 21.6% | – | – |
2011 | 3 424 915 | 14.2% | 51,301 | – |
2012 | 5 983 141 | 74.7% | 65,120 | 7,329 |
2013 | 16 479 227 | 472.70% | 154,827 | 25,657 |
2014 | 21 546 568 | 30.75% | 172,681 | 29,086 |
2015 | 30 304 183 | 29.76% | 224,074 | 45,488 |
2016[3] | 35 203 757 | 16.17% | 244,296 | 67,884 |
2017 | 38 299 757 | 8.8% | 256,760 | 67,777 |
2018 | 40 758 148 | 6.4% | 272,361 | 55,250 |
2019 | 41 313 439 | 1.36% | 272,363 | 43,586 |
2020 | 15 765 854 | 61.8% | 133,307 | 15,226 |
2021 | 5 059 048 | 67.91% | 120,683 | 20,685 |
2022 | 16 130 626 | 218.85% | 133,307 | 6,543 |
Bron: Airports of Thailand |
Besigste binnelandse roetes 2019
wysigRang | Lughawe | Passasiers | % verandering |
---|---|---|---|
1 | Chiang Mai | 3 564 487 | 0.34% |
2 | Phuket | 3 016 280 | 9.76% |
3 | Hat Yai | 2 574 739 | 9.27% |
4 | Udon Thani | 1 656 430 | 6.60% |
5 | Chiang Rai | 1 549 745 | 4.20% |
Besigste internasionale roetes (2019)
wysigRang | Lughawe | Passasiers[4] | % verand. |
---|---|---|---|
1 | Kuala Lumpur | 1 339 182 | 5.5% |
2 | Tokio–Narita | 1 279 186 | 34.1% |
3 | Singapoer | 1 071 336 | 3.9% |
4 | Yangon | 790 496 | 2.4% |
5 | Osaka–Kansai | 662 318 | 46.8% |
6 | Seoul–Incheon | 643 606 | 13.9% |
7 | Djakarta–Soekarno-Hatta | 585 981 | 13.6% |
8 | Taipei–Taoyuan | 551 848 | 25.1% |
9 | Ho Chi Minhstad | 510 873 | 8.7% |
10 | Nanjing | 440 051 | 6.0% |
Verwysings
wysig- ↑ "AOT Investors Site". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2011. Besoek op 6 Desember 2014.
- ↑ http://www.bangkokpost.com/breakingnews/373540/all-international-airports-record-rise[dooie skakel]
- ↑ "AOT Air Traffic Calendar Year 2016 (Jan-Dec 2016)" (PDF). Airports of Thailand. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 November 2021. Besoek op 17 November 2017.
- ↑ 4,0 4,1 "Annual Airport 2019" (PDF). Airports of Thailand PCL. Besoek op 31 Augustus 2020.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |