Donets
Die Siwerski Donets (Oekraïens: Сіверський Донець; Russies: Северский Донец, Sewerski Donets) is 'n rivier in Rusland en Oekraïne wat in die groter Donrivier invloei. Die rivier het sy oorsprong in die Sentraal-Russiese Heuwelland in die suidweste van Rusland by die stad Belgorod. Die rivier vloei deur die Russiese Belgorod-oblast, oor die grens en verder deur die Oekraïense oblaste Charkif, Donetsk en Loehansk in die suidooste van Oekraïne, en steek opnuut die grens na Rusland oor, waar dit deur die Rostof-oblast loop en in die Don invloei. Die rivier is altesaam 1 053 km lank.
Siwerski Donets | |
---|---|
'n Uitsig oor die Donets en Swjatohirsk-lawra. | |
Kaart wat die Donets- en Don-rivier aandui | |
Oorsprong | 100 km noord van Belgorod (Rusland) |
Monding | naby Oest-Donetski, Rusland, in die Don |
Stroomgebied | Rusland, Oekraïne |
Lengte | 1 053 km (654 myl) |
Oorspronghoogte | 200 m (660 voet) |
Mondinghoogte | 5,5 m |
Gemiddelde afloop | 159 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 98 900 km² (38 200 myl²) |
Die rivier se naam is afgelei van die Slawiese stam Sewerjane. Die etimologie daarvan is onseker. Die naam "Donets" beteken "klein Don". Die landstreek die Donbas, oftewel die Donetsbekken, en die stede Donetsk en Sjewjerodonetsk is na die Siwerski Donets genoem.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Donets.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Nederlandse Wikipedia vertaal.