Drie Susterskerke
Die Drie Suster(s)kerke verwys na die drie oorspronklike gereformeerde Kerke onder die Afrikaners. Vir 'n groot deel van die Afrikaner se geskiedenis, het die meeste Afrikaners tot een van hierdie kerke behoort. Die drie denominasies het dieselfde belydenisskrifte, naamlik: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Die drie kerke is:
- Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk, Ned. Geref. Kerk)
- Die Nederduitsch Hervormde Kerk (NH Kerk, Ned. Herv. Kerk)
- Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA, Geref. Kerke)
Hulle voer gesprek met mekaar deur middel van die Tussenkerklike Raad.
Daar het intussen kerke van die NG Kerk afgestig, en daar word na hierdie kerke verwys as "dogterkerke" van die NG Kerk. Die Kerke is:
- Die Evangelies Gereformeerde Kerk
- Die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK)
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Netwerk24.com berig oor probleme in die Tussenkerklike Raad[dooie skakel], 2 Augustus 2013.