Drosanthemum worcesterense
Plantspesie
Drosanthemum worcesterense is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Wes-Kaap in die Breederiviervallei, tussen Tulbagh en Worcester, ooswaarts tot by Touwsrivier en Karoopoort, voorkom. Die spesie is deel van die renosterveld-bioom en dit het 'n voorkomsgebied van 2 124 km². Die plant het reeds 60% van sy habitat afgestaan aan menslike ontwikkeling en gewasverbouing.
Drosanthemum worcesterense | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Drosanthemum |
Spesie: | D. worcesterense
|
Binomiale naam | |
Drosanthemum worcesterense L.Bolus 1935
|