Duinbroodboom
Plant spesie
Die Duinbroodboom (Encephalartos arenarius) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom is endemies aan die Oos-Kaap en kom in die duinewoudgebied by Alexandria voor. Die boom is normaalweg groen van kleur maar daar is ook 'n seldsame blou weergawe. Die boom groei in skadu areas. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.
Duinbroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. arenarius
|
Binomiale naam | |
Encephalartos arenarius R.A. Dyer, (1955)
|
Die plant se FSA-nommer is 3.2.[2] In Engels staan die broodboom as die Alexandria cycad bekend.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Donaldson, J.S. 2010. Encephalartos arenarius. The IUCN Red List of Threatened Species. Version 2015.2. Afgelaai op 06 September 2015.