Alexandria, Oos-Kaap
Hierdie artikel handel oor die dorp in die Oos-Kaap. Vir die stad in Egipte, sien Alexandrië
Alexandria (KwaNonkqubela ingesluit) | |
---|---|
NG kerk Alexandria is 'n provinsiale erfenisterrein.[1] | |
Koördinate: 33°39′12″S 26°24′30″O / 33.65333°S 26.40833°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Ndlambe |
Stigting | 1820 |
Oppervlak | |
• Totaal | 5,7 km2 (2,2 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 10 085 |
• Digtheid | 1 769/km2 (4 580/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 16.3% |
• Swart mense | 77.4% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 72.8% |
• Afrikaans | 20.3% |
• Engels | 4.2% |
• Ander | 2.7% |
Poskode (strate) | 6185 |
Poskode (posbusse) | 6185 |
Skakelkode | 046 |
Alexandria is 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit is tussen Port Elizabeth en Port Alfred op die R72 hoofweg geleë.
Geskiedenis
wysigDie dorpie het ontstaan as 'n NG gemeente in 1856. Vanaf 1820 het die gebied as Olifantshoek bekend gestaan. In 1873 het die Kerk die gemeente Alexandria ter ere van ds. Alexander Smith genoem. Ds. Smith het in 1823 uit Skotland na die NG gemeente Uitenhage gekom as een van die vroegste Skotse predikante wat die tekort aan predikante in Suid-Afrika moes kom verlig. Alexandria se gemeente is van die NG gemeente Uitenhage afgestig. Die dorp het in 1940 'n munisipaliteit geword.
Distrik
wysigDie distrik van 2 440 km2 is die enigste waar sigorei op 'n kommersiële skaal verbou word. Die Karel Landman Monument is ook in die omgewing.
Sien ook
wysigBron
wysigVerwysings
wysig- ↑ "9/2/005/0004- Dutch Reformed Church Voortrekker Street Alexandria". South African Heritage Resource Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2013. Besoek op 10 Augustus 2015.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Som van die hoofplekke Alexandria en KwaNonkqubela tydens 2011-sensus.