Eerste kabinet van Jan Smuts
Genl. Jan Smuts het die Eerste Minister van Suid-Afrika geword na Louis Botha se afsterwe in September 1919. In die algemene verkiesing van 1920, met 134 verkiesbaar tot die laerhuis, was die Suid-Afrikaanse Party onder leiding van Jan Smuts met drie setels voor teen die Nasionale Party (44 setels). Albei partye word gedwing om bondgenootskappe met derde partye (Unioniste en Arbeiders) te vorm om die nuwe regering te vorm. Die Suid-Afrikaanse Party het vinnig 'n bondgenootskap gesluit met die pro-Britse Unioniste Party (25 setels) en Jan Smuts is heraangestel as premier. Kort daarna in dieselfde jaar het die Unioniste ingestem om by die Suid-Afrikaanse Party aan te sluit, en vroeë algemene verkiesings is in Februarie 1921 gehou.
Genl. Smuts se eerste kabinet (1919-1921)
wysigMinister | Naam | Foto | Party | Tydperk |
---|---|---|---|---|
Eerste Minister | Genl. Jan Smuts | SAP | 1919 - 1921 | |
Minister van Binnelandse Sake | Thomas Watt | SAP | 1919 - 1921 | |
Minister van Finansies | Henry Burton | SAP | 1919 - 1921 | |
Minister van Justisie | Nicolaas Jacobus de Wet | SAP | 1919 - 1921 | |
Minister van Lande en Besproeiing | Kol. Hendrik Mentz | SAP | 1919 - 1921 | |
Minister van Myne en Nywerhede | François Stephanus Malan | SAP | 1919 - 1921 | |
Minister van Onderwys | François Stephanus Malan | SAP | 1919 - 1921 | |
Minister van Openbare gesondheid | Thomas Watt | SAP | 1919 - 1921 | |
Minister van Openbare Werke | Jacobus Arnoldus Graaff | SAP | 1919 - 1921 | |
Minister van Pos- en Telegraafwese | Jacobus Arnoldus Graaff | SAP | 1919 - 1921 | |
Minister van Spoorweë en Hawens | Henry Burton | SAP | 1919 - 1921 | |
Minister van Verdediging | Kol. Hendrik Mentz | SAP | 1919 - 1921 |