Emilia-Romagna Grand Prix

Die Emilia-Romagna Grand Prix is 'n Formule Een-motorwedren wat gehou word op die Autodromo Enzo e Dino Ferrari in Imola. Vanaf 1981 tot 2006 is die San Marino Grand Prix jaarliks op die baan gehou. In 2020 word die Emilia-Romagna Grand Prix by die kalender toegevoeg, oorspronklik eenmalig omrede soveel renne gekanselleer moes word vanweë die koronaviruspandemie. In 2021 is die wedren egter weer op die kalender geplaas, omdat die Chinese Grand Prix in hierdie jaar weer weens die Covid-19-pandemie gekanselleer moes word.

Wenners van die Grand PrixWysig

Jaar Renjaer Vervaardiger Plek Verslag
2022   Max Verstappen   Red Bull-RBPT Imola Verslag
2021   Max Verstappen   Red Bull-Honda Imola Verslag
2020   Lewis Hamilton   Mercedes Imola Verslag