Drakensbergbroodboom
Plantspesie
(Aangestuur vanaf Encephalartos ghellinckii)
Die Drakensbergbroodboom (Encephalartos ghellinckii) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom is endemies aan KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap waar dit op die Drakensberg voorkom. Daar is twee variante van die plant: die groter weergawe wat op 1 100–1 800 m in die Drakensberg voorkom en die dwergweergawe wat op laer hoogtes voorkom naby die Umkomaasrivier en die noorde van die Oos-Kaap. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.
Drakensbergbroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. ghellinckii
|
Binomiale naam | |
Encephalartos ghellinckii Lem., (1867)
|
Die plant se FSA-nommer is 5.[1] In Engels staan die broodboom as die Drakensberg cycad bekend.