Karoobroodboom
plantspesie
(Aangestuur vanaf Encephalartos lehmannii)
Die Karoobroodboom (Encephalartos lehmannii) is 'n spesie van die genus Encephalartos en is een van die taaiste broodbome, dit is die beste bestand teen droogtes. Die boom word tot 2 m hoog en die blare word 1 tot 1,5 m lank. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare. Die plant is endemies aan die Oos-Kaap.
Karoobroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. lehmannii
|
Binomiale naam | |
Encephalartos lehmannii Lehm., (1834)
| |
Sinonieme | |
|
Die lang blaarstele het kenmerkende geel krae om hul basisse, en dié bly oor as papieragtige letsels nadat die blare gewissel is. Elke sittende blaartjie het eweneens 'n gelerige basis.[1] Die blaartjies is gaafrandig, en oorvleuel nie. Die boom se FSA-nommer is 8.1,[2] en dit staan in Engels as die Karoo cycad bekend.
Keëls en blare
wysig-
manlike keëls -
vroulike keël -
blaarstele met geel krae
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Becking, David. "Encephalartos lehmannii". treesa.org. Tree SA: The trees of southern Africa. Besoek op 22 Junie 2023.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/